Shane & Nadia se Aardse Herfs Troue in die Vrystaat

Shane en Nadia se aardse herfs troue in die Vrystaat het die natuurlike prag van die Vrystaatse landskap benut om ’n sprokieswêreld te skep wat warmte en opregtheid uitstraal.

Die dekor en styl van die troue was ’n doelbewuste mengsel van romantiese en boheemse invloede. Met ’n kleurskema van olyfgroen, roes-oranje en sagte natuurlike beige- en bruin tone het die venue die ryk kleure van die herfs perfek weerspieël. Wat hierdie viering besonders gemaak het, was die paartjie se persoonlike aanraking. Hulle het self die meeste van die blomme uit die veld gepluk en elke detail het hul unieke handtekening gedra. Sagte kerslig en warm liggies het die rustieke lokaal in ’n intieme kuierplek omskep waar gaste gemaklik en tuis kon voel.

Nadia het asemrowend gelyk in ’n elegante meermin-styl rok wat tydlose skoonheid uitstraal het. Die rok het lang, vleeskleurige netmoue gehad wat versier was met fyn kantbesonderhede wat ook in die blommotief op die lyfie herhaal is. Met ’n sagte V-neklyn aan die voorkant en ’n bypassende V op die rug het die satynknope wat tot heel onder die sleep loop, ’n tikkie klassieke sofistikasie bygevoeg.

Vir Shane en Nadia het die dag hul liefde vir mekaar en vir die natuur weerspieël. Dit was ’n eenvoudige dog kragtige viering wat die hart van die Vrystaat vasgevang het.

Beplan jy jou eie rustieke droomtroue in die Vrystaat? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir die beste diensverskaffers en venues om jou visie tot lewe te bring.

Trourok:


My trourok is ʼn meermin-styl, langmou, wit rok waarvan die boonste gedeelte met ʼn blommotief-kant bedek is. Die bo-stuk van die trourok vorm ʼn sagte V-nek voor. Die rugkant van die rok vorm ook ʼn “V” met satyn knope wat van bo af tot heel onder op die sleep loop. Dieselfde kant motief word op die rand van die rok se sleep herhaal. Die moue bestaan meestal uit vleeskleurige net, maar is met kant detail hier-en-daar versier.

Die rok is elegant, romanties en tydloos pragtig.

Paartjie se Verlowing:


Shane se oorspronklike planne om my in September 2024 by ʼn waterval by Giba Gorge (naby Pinetown) te vra om te trou het nie gerealiseer nie omdat die Van Reenenspas toe gesneeu was. Impulsief besluit ons toe om vir die langnaweek dan eerder Clarens te besoek, aangesien die pad van Bloemfontein na Clarens darem toeganklik was.

Ons is beide lief vir die natuur so Shane se voorstel om die Holkrans Staproete by Golden Gate te gaan doen het my nie snuf in die neus laat kry nie. By die een spesifieke punt op die staproete waar die krans oor hang om ʼn oop grot te vorm het die sneeu wat op die krans lê begin smelt. Die sneeu het dus soos ʼn waterval van die krans af gestort tot by ons en ons in verwondering laat staar. Terwyl ek die waterval bewonder, het Shane gemaak of hy sy foon op stel om ʼn foto van ons te neem. Intussen het hy die ring uit gehaal en toe ek om draai staan hy agter my op sy regter knieg.

Verloof- en Trouringe:


Die verloofring het ʼn dun witgoud band met vier kloutjies wat ʼn ronde diamant vas hou.

Die verloofring se skoonheid lê in sy eenvoud – daarom het ons besluit om nie ʼn troupant by te sit nie.

Trou Dekor en Styl:


Ons hoof kleure was olyfgroen, roes-oranje (burnt orange) en skakerings van beige en bruin. Ons het natuurlike herfskleure gekies wat die Vrystaat se herfs skoonheid komplimenteer en wat by die algehele atmosfeer van die venue pas.

Die styl van die troue was romanties, aards, rustic en met ʼn tikkie boheemse invloed.

Meeste van ons blomme het ons self gepluk of kom uit die veld uit op die venue self. Ons wou graag ʼn gevoel van warmte, gemaklikheid en eenvoud skep. Sagte kerslig en warm fairylights het die onthaal lokaal in ʼn sprokieswêreld getoor.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het sowat 70 gaste verwelkom en is met ’n begroting van ongeveer R100 000 beplan. Shane en Nadia het vir agt maande lank aan hul spesiale dag beplan en besluit om die meeste van die reëlings self te hanteer.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: