Ulrich & Bianca se Tropiese Geïnspireerde Troue by ʼn Wildlodge in Noordwes

Ons is ongelooflik opgewonde om Ulrich en Bianca se tropies geïnspireerde troue by ʼn wildlodge in Noordwes met julle te deel! Die paartjie het hul groot dag gevier by die skilderagtige Bona Bona Game Lodge. ’n Plek wat uitmuntende diens, ’n stylvolle trou venue en gerieflike verblyf bied. Dit is die ideale ligging vir ’n wegbreektroue of ’n naweeklange trouviering.

Ulrich en Bianca se troustyl was kontemporêr, sjiek en uniek. Hulle het weggestap van die tradisionele klassieke styl en ’n feestelike atmosfeer met tropiese invloede geskep. Die kleurskema het bestaan uit diep groen en gebrande oranje. Die tafels was pragtig versier met tropiese blomrangskikkings van rooi anthuriums, lelies en oorvloedige groenigheid, insluitend palm- en Monstera-blare. Spieëlballe het ekstra glans en ’n speelse atmosfeer bygevoeg.

Die paartjie se uitrustings het perfek by hul tema ingepas. Bianca het asemrowend gelyk in ’n elegante, noupassende trourok met ’n klassieke sweetheart-neklyn en ’n gladde, gedrapeerde torso wat ’n luukse effek geskep het. Ulrich het ’n stylvolle groen uitrusting gedra wat bestaan het uit ’n geruite baadjie, ’n soliede kleurige broek en ’n das met fyn patrone. Bianca se strooimeisies het uitgestaan in gebrande oranje broekpakke en wit V-nek-toppies. Beslis ’n eerste vir ons hier by Mooi Troues!

Geniet hierdie buitengewone trou-inspirasie en die asemrowende foto’s geneem tydens die goue uur op Bona Bona Game Lodge se vliegveld.

 

Trourok:


Klassieke sweetheart-neklyn met drapering oor die bolyf. Noupassend met ’n sleep agter in die middel. Losmaakbare agterromp.

Paartjie se Verlowing:


Ons het verloof geraak in Sutherland onder die sterre.

Verloof- en Trouringe:


Geen troupant.
Verloof ring: Platinum pant met klein diamante daarop, Radiant Cut diamant.
Bruidegom: Swart Tungsten Ring.

Meer oor Bona Bona:


Geleë in die hartjie van die Noordwes, bied Bona Bona Game Lodge ’n unieke kombinasie van styl, gerief en natuur. Hierdie wildlodge is ideaal vir paartjies wat droom van ’n romantiese bosveld troue, maar steeds luuks wil trou.

Die hoofkamp beskik oor 14 en-suite kamers met uitsigte oor die bos en watergat – volledig toegerus en rolstoelvriendelik. Vir meer afsondering is daar die Boskamp – ’n selfsorg 4×4-vriendelike kamp tussen kameelperde en bokke, met 8 chalets vir tot 16 persone. Naby die hoofkamp is daar ook 10 “Stable Rooms”, elk en-suite.

Bederf jouself by die Veldhaven Spa met ses behandelingskamers, ’n verhitte swembad, sauna en stoomkamer. Die restaurant bedien heerlike disse met ’n Afrika-geïnspireerde spyskaart, en kyk uit oor die watergat waar wild gereeld kom drink. Vir kleiner, intieme geleenthede is daar ’n stylvolle wynkelder vir tot 12 gaste.

Bona Bona is ’n betowerende trou venue met twee onthaalopsies – die Renoster Saal en Olifant Saal, wat tot 250 gaste kan akkommodeer. ’n Pragtige kapel is op die perseel gebou, en ’n toegewyde trou-koördineerder is beskikbaar om paartjies deur die hele beplanningsproses te ondersteun.

Gaste kan ook invlieg via ons geteerde aanloopbaan van 1.3 km, wat gerief en eksklusiwiteit verseker.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema was groen en ‘burnt orange’. Ons wou graag weg beweeg van n vervelige wit troue, daarom was ons blomme baie tropies en ons het disco balle in die dekor inkorporeer.

Trou Begroting en Beplanning:


Hulle het hul troue self beplan oor ’n tydperk van 11 maande, en het hul spesiale dag saam met 120 gaste gevier.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: