Zandré & Anke se Ontspannende Paartjie Fotosessie in ʼn Bouperseel

Ons deel Zandré en Anke se ontspannende paartjie fotosessie in ʼn bouperseel met julle. In die foto’s kan ons sien dat hulle gemaklik is voor die kamera behoorlik pret gehad het. Die bouperseel wat as agtergrond gedien het vir hul prettige fotosessie was ʼn wonderlike kontras teen hul uitrustings. Om die ontspanne gevoel van die fotosessie voor te dra het Anke ʼn blou-en-wit rokkie aangehad en Zandré het blou denim vars wit T-hemp en netjies sportpet gedra.

Fotosessies is baie belangrik vir paartjies om hul liefde vir mekaar in ewige fotos vas te vang. Dit het ʼn beter impak as net ʼn selfoon “selfie” saam. Hier kan ʼn professionele fotograaf die ware essensie van jul persoonlikhede vas vang deur te fokus op die tegniese elemente van fotografie en julle kan julself net geniet. Klik hier om professionele fotograwe te vind wat jul eie fotosessie ʼn prettige herinnering kan maak wat jul veraltyd sal kan koester.

Rol af en geniet Zandré en Anke se ontspannende paartjie fotosessie in ʼn bouperseel.

Die eerste ontmoeting:


Zandré: Soos ʼn Tik-Tok trend, het ons as volwasse kleinkinders besluit om ons oupa en ouma te verras met ʼn sleepover soos in die ou dae! Ons daag onverwags op met wegneemetes en bord speletjies.

Ek was immers self ook verras toe ʼn beeldskone dame saam met my niggie opdaag om foto’s te neem. Toe ek myself vind het ons die aand veels te diep in mekaar se oë gestaar en lang gesprekke gehad sonder om enige woorde te sê. Vandag is ons reeds 6 maande in ʼn vaste verhouding.

Ps. Oupa is kort daarna oorlede, dit was ons laaste herinneringe saam met hom.

Anke: Ek sou net by Su-lize (Zandré se niggie) kuier. Net ʼn paar foto’s moes neem waar kleinkinders en hul oupa en ouma herinneringe bou, dis al. Maar toe my oë Zandré sien moes ek my hart probeer oortuig dat ek nie glo in “Liefde met die eerste oog op slag nie!”. Maar hy het my verkeerd bewys. Ek was glad nie op soek na iemand of ʼn verhouding nie, maar dit het gevoel asof ek soos ʼn vis aan ʼn hoek vasgehaak is. Met elke gesprek het hy my net dieper in katrol, en daar was geen manier om los te kom nie.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Zandré: My gunsteling eienskappe van Anke is haar donker hare wat haar groot donker oë komplimenteer. Haar perfekte keuse van styl en elegante kleredrag. Haar spontane lag en vir seker haar intelligensie wat soms my mond laat oophang. Sy het altyd ʼn melodie op haar lippe of ʼn lied wat in haar gedagtes speel, gereed om met die oulikste danspassies of handbewegings uitgedruk te word. Dit maak nie saak waar sy is nie, daar’s altyd ʼn tikkie vrolikheid in haar beweging. Haar ambisie en dryf laat my verstom. En beslis haar groot hart vir ons Skepper van die Heelal, ek self kan so baie by haar leer.

Anke:  HET JULLE DIE OU SE OË GESIEN? GENADE!. Hy het ʼn hart van goud, waardes was op Die Woord gebou is. Integriteit wat ongekend is vandag en meer lojaal kry mens nie. Hy is vir my die toonbeeld van liefde. En hy beskik oor die kuns om ʼn liedjie uit volle bors te sing, met al die verkeerde woorde, maar dit klink só mooi. Hy laat my geliefd voel deur die klein dingetjies soos om omtrent altyd ʼn pet te dra met ʼn Polaroid foto van my in, om my naby hom te hou.

Drome as paartjie:


Zandré: Ons droom saam om in Europa, Nederland, te bly waar ek tans bly en werk. As ons die wêreld saam kan toer sal dit ʼn groot bonus wees. Beide van ons is adrenalien gedrewe en sal nie omgee om ʼn paar ekstreme avonture aan te durf nie. Ons het reeds saam gaan ski-dive nog kort voor ons in ʼn vaste verhouding ingegaan het. Natuurlik is ʼn gelukkige huwelik en ʼn gesin ook op ons droomlysie. Ons wil ook graag beide suksesvol wees in wat ons doen.

Anke: Ons eerste droom is om hierdie lang-afstand-verhouding verby te kry, en vir my om klaar te studeer, want dan lê ons toekoms saam voor. Ons doel is om eendag saam soveel van die wêreld te sien as wat ons kan. Om te trou en n familie te hê, sommer baie kinders met sy mooi oë. Ek glo ons droom saam, en ons bid daarvoor. Om mekaar te kan bystaan, langs mekaar, deur dik en dun.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Zandré: Ons hou daarvan om vreemde goed te probeer en saam op ongewone tye sommer net te sit en roomys eet. Ons het so min tyd saam, daarom maak ons elke minuut kosbaar deur dit ten volle te benut en tyd saam met beide ons families deur te bring. Elke oomblik is vir ons waardevol, en ons gebruik dit wys om naby aan mekaar en ons geliefdes te wees.

Anke: Ons sien mekaar so min so wanneer ons die geleentheid kry sal ons sommer in die kar klim en net ry, kyk waarheen lei die pad ons, want in dit lê daar baie diep geselsies, baie lag, baie sing (of sit nou vals, uit volle bors of verkeerde woorde is)! Ons geniet staproetes en roomys dis ons ‘go-to’, maar ons sal drop brood ook eet, solank dit net SAAM mekaar is.

Rede vir die fotosessie:


Zandré: Ek was oppad Nederland toe vir werk, kort nadat ons “gekys” is, en die fotosessie was gereël sodat ons professionele foto’s kon kry vir ons fotorame wat ons elke dag kan herinner aan wat ons in mekaar het, en dat liefde geen afstand ken nie.

Anke: My grootste motief agter die fotosessie was om soveel moontlik spontane oomblikke te kon vasvang vir die alleen dae. Elke foto vertel n stukkie van ons storie. Ons fotorame jou ons harte warm as die koudheid van die afstand wil kom afsmeer.

Inspirasie agter die fotosessie:


Zandré: Die inspirasie agter die foto’s was niks anders as plein gelukkigheid nie. Die konstruksie area simboliseer ons verhouding wat stadigaan vorm kry, steeds besig om opgebou te word. Selfs met die afstand tussen ons, bly ons verbind en werk ons voortdurend daaraan om iets sterker te bou. Ons is gelukkig om saam te werk aan iets wat ons graag wil hê, en ons verweef ons emosionele, geestelike en fisiese energie daarin. Dit wat ons bou, is ʼn weerspieëling van die drome wat ons vir ons toekoms koester. Dis wat ons daarvan maak, het ons besluit. Die uitkoms van die foto’s bevestig dat ons albei moeite gaan insit om ʼn beeldskone sprokies verhaal te skep wat net vir ons is!

Anke: Omdat ek die fotograaf Lens of Swan ken, het ek haar absoluut vertrou om vir ons n perfekte venue te kry, en sy het. Die konstruksie en vorming van ʼn gebou is ʼn toonbeeld van hoe mooi selfs ons verhouding is in sy vorming. Ons style was net gemaklik, dis wie ons is. Plein, maar gelukkig.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Anke: Letterlik enige iets saam met Zandré is romanties. Hy kleur elke geleentheid in met soveel liefde en deernis. En ons het al soveel sulke oomblikke beleef. Romantiese aktiwiteite soos om in die reën te dans, snow-angels te maak, of speletjies in ʼn arcade te speel, is altyd spesiaal. Maar as ek iets op ons bucket list moes sit, sou dit beslis ʼn lugballon-rit wees.

Zandré: Ek beskou champagne in ʼn veld na ʼn lang staptog as romanties, maar natuurlik word dit opgevolg deur ʼn pizza en wyn aand by ʼn mooi restaurant. Of om vas te dans voor kar ligte na sonsak. Of ʼn gunsteling is natuurlik om byna middernag se kant saam op die huis se dak te sit met ʼn kers wat brand, ʼn midnight snack en ʼn hemel vol sterre of ʼn helder volmaan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: