Nicolai en Ané se prentjiemooi buitelug troue in Robertson is beslis een wat julle nie moet misloop nie. Die paartjie se troue het soveel asemrowende elemente waaroor ons absoluut mal is.
Op hul troudag het Ané en Nicolai stralend gelyk. Nicolai en sy strooijonkers se donker pakke het perfek ingepas by die elegante styl van die dag. Ané se eenvoudige maar pragtige trourok, saam met haar strooimeisies se rokke in skakerings van groen, was besonder mooi. Om haar voorkoms verder te beklemtoon, het sy ’n pragtige ruiker gedra met blomme in skakerings van wit, pers en pienk—ideaal vir hul trou tema.
Nicolai is oorspronklik van Bulgarye en het as kind na Suid-Afrika geëmigreer. Hul troudag het ook spesiale elemente van sy kultuur en kos ingesluit, wat die dag nog meer uniek en betekenisvol gemaak het. Die al fresco-styl onthaal het ‘n ontspanne, gesellige atmosfeer geskep. Elke deel van hul dag het buite plaasgevind—van die pragtige seremonie onder die bome, omring deur die natuurskoon, tot die buitelug-ontvangs.
Die onthaalarea was op die groen grasperke van die trouvenue in Robertson, omring deur skilderagtige uitsigte van die berge en omliggende plase. Lang tafels was met wit tafeldoeke bedek en versier met groen, wit en geel elemente. Suurlemoene is kreatief gebruik om die geel aksente in die dekor in te bring—so ’n oulike idee! Dit was letterlik ‘n sprokies troue onder die sterre.
Beplan julle om binnekort te trou? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir professionele diensverskaffers wat julle trou drome in ’n prentjiemooi werklikheid kan omskep.
Rol af om meer van die paartjie se buitelug troue te sien en hul liefdesreis te lees.
Paartjie se Verlowing:
Ons het ʼn naweek weg beplan by Copia Eco Cabins in November 2023. Nicolai weet net hoe om my te verras en het alles baie mooi geheim gehou. Hy het selfs gemaak of hy nie weet wat om te pak nie. Hy het seker gemaak die ring is in sy kamerasak weggesteek en net toe ons oor die Botrivier uitkyk, toe vra hy my om te trou. Nie net het hy my verras met nog ʼn aand weg in Stellenbosch nie, hy het my ook verras met ons families wat wag by ʼn restaurant die volgende aand toe ek dog ons twee gaan alleen uit vir ete in Stellenbosch.
Verloof- en Trouringe:
Ons het besluit op tydloos en eenvoudig. Nicolai het ʼn 5mm goue troupant. Ek het ʼn goue 2mm troupant. My verloof ring is ʼn ovaal diamant ring met ʼn goue pant.
Trourok:
Die pad na ʼn trourok was vol goeie en nie so goeie oomblikke nie. Ek wou graag ʼn eenvoudige maar elegante rok gehad het. Uiteindelik het ek my perfekte rok gekry by Once Worn Bridal. Dit is ʼn eenvoudige satyn rok wat ʼn korset het maar met mooi drapering oor die bolyf. My skouers was oop met sagte moue wat oor my arms hang. Die rok het ʼn effense sleep, maar was so gemaklik.
Trou Dekor en Styl:
Nicolai is oorspronklik van Bulgarye, maar hy en sy familie bly in die Kaap vandat hy 8 jaar oud is. Ons wou graag van sy kultuur en kos deel maak van ons troue. Ons is baie lief vir goeie kos so dit was baie belangrik vir ons om dit deel te maak van ons dag en die feit dat dit in ʼn family style bedien is was perfek. Die besluit was om vir ʼn “Al fresco” styl te gaan wat hopelik ons gaste laat voel het of hulle iewers by ʼn kafee sit op ʼn Europese someraand.
Die kleurskema was groen, wit, geel en pers met baie suurlemoene en natuurlik hope kerse.
Trou Begroting en Beplanning:
Ons troue het 65 gaste gehad en ons het vir 10 maande aan die groot dag beplan. Ek het die meeste van die beplanning self gedoen, maar ses weke voor die troue het ek die verantwoordelikhede aan die troukoördineerder oorgedra om seker te maak dat alles vlot verloop.
- Fotograaf: Maggie Photography | Kontak
- Venue: Pat Busch Mountain Lodge | Kontak
- Blomme: Celeste Styled Events | Kontak
- Bruidegom-pak: GD suits | Kontak
- Dekor: Celeste Styled Events| Kontak
- Grimering: Cecilia Fourie| Kontak
- Hare: Cecilia Fourie| Kontak
- Huurdienste: The Tentmen| Kontak
- Huweliksbevestiger: Anneke Botha| Kontak
- Koördineerder: Celeste Styled Events| Kontak
- Platejoggie: Deejays Music| Kontak
- Paartjie se verblyf: Pat Busch Mountain Lodge| Kontak
- Spyseniering: The Field Kitchen| Kontak
- Trourok: Once Worn Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Zanry| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Zanry| Kontak
- Troukoek: Ietsi-Sweet| Kontak
- Videograaf: Sun films| Kontak