Johan & Jané se Intieme Tuin Troue in Mpumalanga

Johan en Jané se intieme tuin troue in Mpumalanga was heeltemal anders as die tradisionele trou styl, en ons is absoluut versot daarop. Alhoewel hulle by ʼn trou venue getrou het, het dit die gevoel van ʼn tuis-troue gehad—iets wat veral in die buiteland baie gewild is. Elke element van Johan en Jané se troudag was vir ons ongelooflik mooi.

Die paartjie het ʼn pragtige, intieme troudag met net 34 gaste gehad. Hulle het ʼn buitelug seremonie in die venue se goed versorgde tuine gehad, omring deur pragtige grasperke en asemrowende natuurskoon. Na die seremonie is canapés buite op die grasperk voor die pragtige plaashuis bedien.

Die onthaal het in die plaashuis plaasgevind, wat nie net ʼn pragtige omgewing was nie, maar ook ʼn gesellige, romantiese spasie vir hul intieme troue. Die donker hout tafel was versier met ʼn olyfgroen geriffelde tafelloper wat mooi oor die tafel gedrapeer was. Dik kerse wat saam gegroepeer was, het ʼn warm en romantiese atmosfeer geskep—perfek vir gesellige kuier saam met familie en vriende. Rottang elemente en gedroogte takke op die kandelaar het ʼn aardse gevoel bygevoeg, wat presies by die paartjie se styl ingepas het.

Jané het beeldskoon gelyk in haar trourok, met fyn detail en ʼn opvallende spleet versier met dramatiese valle. Haar pragtige handruiker het haar voorkoms perfek afgerond.

Professionele en betroubare trou diensverskaffers maak ʼn groot verskil in die beplanning van jou spesiale dag. Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese diensverskaffers wat julle droom troue kan verwesenlik. Rol af om meer te lees oor Johan en Jané se troudag en hul liefdesreis.

Trourok:


My trourok het ek saam met Jolandie van Jolache Couture ontwerp. Die rok bestaan uit ʼn A-lyn romp met ʼn off shoulder bokant, die hele rok is bedek met fyn polkadot gaas. Die fokuspunt van die rok was ʼn spleet wat in die middel van my bo-been begin en beide kante met dramatiese valle versier is. Agter, vorm die lap ‘n V-lyn tot in die middel van my rug waar pêrel-krale bietjie detail bring.

Omdat die spleet redelik hoog opgekom het het Jolandie vir my ʼn broekie ingebou sodat ek gemaklik kan beweeg sonder om bekommerd te wees dat ek meer wys as wat ek wil. Sy het ook vir my valle aan my sluier vasgewerk om alles mooi saam te bring.

Paartjie se Verlowing:


Ek was onder die indruk dat ek en my sussie op pad is na ʼn fotosessie by die Castello Di Monte hotel in Waterkloof. Die fotograaf het ons by die ingang ontmoet en ons gelei na die hotel se dak om ʼn paar golden hour foto’s te neem. Halfpad by die trappies op het ek vir Johan op een knieg sien staan en die realiteit het ingesink. Ons het beide snot en trane gehuil en Johan kon skaars woorde uitkry voor ek “Ja” gesê het.

Ons het die aand ʼn rooftop dining experience gehad met ʼn beeldskone uitsig en ʼn heerlike driegang maaltyd. Van waar ons gesit het kon ons van ons groot mylpale in ons verhouding sien: waar ons ons eerste ontmoeting gehad het, ons eerste woonstel saam en die hondjie-park wat ons gereeld besoek het. Dit het natuurlik baie gelukkige herinneringe na vore gebring wat ons heel aand kon herleef.

Verloof- en Trouringe:


Jané se verloof- en trouring: My verloofring is geelgoud met ʼn emerald-cut laboratory grown diamant as die fokuspunt met klein diamantjies wat ʼn gedeelte van pantjie bedek. Daar is “Be Mine” in die binnekant van die pantjie gegraveer. My troupant is ʼn dun geelgoud pantjie met “Stay Mine” in die binnekant van die pantjie gegraveer.

Johan se trouring is ‘n hammered sterling silver pant.

 

Trou Dekor en Styl:


Ons wou graag ʼn warm, romantiese gevoel skep en het besluit op ʼn Backyard Style troue wat SO goed by ons venue ingeskakel het. Ons seremonie was in die tuin gehou wat ʼn groot bydrae gelewer het tot die agtergrond. Die kleurskema was hoofsaaklik herfskleure- roesbruin, wynrooi en oranje. Ons het wel hier en daar ligte kleure, soos babapienk en wit, ingebring en het rondgespeel met verskillende teksture om meer dimensie en karakter te skep. Die tafeldekor was eenvoudig en het groot en deels uit kerse en gedroogde blare ontstaan.

Trou Begroting en Beplanning:


Ons het ʼn intieme troudag met 34 gaste gehad en ʼn begroting van R250 000 gehad. Dit het ons net 5 maande geneem om ons troue te beplan, en alles het perfek bymekaar gekom vir die groot dag.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: