Leon en Lumari se Strand Verlowing Fotosessie in Langebaan is besonders mooi. Die paartjie het verloof geraak by ʼn populêre Wildsplaas buite Langebaan. Beide Lumari en Leon is baie lief vir die natuur, so hul verlowing en verlowing fotosessie is perfek gepas vir hulle.
Hul het toe hul verlowing fotosessie gereël by ʼn bekende vakansieoord se strand in Langebaan gewees. Die wit huisies in die agtergrond met die kleurvolle venster rame en ook die bootjies in die agtergrond gee ʼn Mykonos in Griekeland gevoel aan die foto’s.
Lumari het die mooiste sagte sjampanje kleur rok aangehad vir hul fotosessie en Leon ʼn ligte broek en wit hemp. Hulle het semi formeel gelyk, maar nogsteeds baie gemaklik en perfek gepas vir die verlowing fotosessie. Ons kon sien hulle het elke sekonde van die fotosessie gate uit geniet.
ʼn Verlowing fotosessie is baie meer as net nog ʼn fotosessie. Dit is daar om paartjie se kosbare oomblikke en herinneringe vas te vang in die mooiste foto’s. ʼn Verlowing fotosessie is ook ʼn fantastiese manier vir paartjies om meer gemaklik te raak voor die kamera en so ook hul trou fotograaf beter te leer ken.
Trou julle binnekort? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir professionele trou diensverskaffers vir jul troudag. So sal julle ʼn stresvrye trou beplanning geniet en trou diensverskaffers vind wat julle droomtroue ʼn realiteit sal maak.
Rol af om meer te lees oor Leon en Lumari se liefdesreis en om meer foto’s te sien van hul pragtige strand verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
In 2016 het ons twee mekaar reeds die eerste keer ontmoet deur gemeenskaplike vriende.
Ons lewens het ander draaie gemaak en Leon het my in 2021 ʼn boodskap gestuur en ewe hoflik gevra of hy met my aanlyn kan gesels… Ons het nog nie ophou gesels sedert dan!
In Julie 2021 het ons amptelik begin uitgaan. Ons was drie jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:
Ons amptelike verlowing was Vrydag 3 Mei 2023, by Thali Thali -ʼn Wildsplaas buite Langebaan. Albei van ons is baie lief vir die natuur!
Leon is lief vir die bos en dit is die naaste aan die Kruger Wildtuin in die Wes Kaap. Dit was ʼn verrassing en hy en ʼn mak bok het om my hand gevra.
Ons amptelike verlowings fotos is op 10 September geneem in Langebaan by Mykonos en op die strand – twee dae later is ons getroud! Ons fotograwe moes van Pretoria af reis en ons het dit daarom gereël.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Ons is lief vir God en besef dat ons Sy guns in mekaar, ons verhouding en gesin vind.
Ons is nie perfekte mense nie, maar is perfek vir mekaar!
Nie net is ons lief vir mekaar nie, maar boonop mekaar se beste vriende.
Ons is beide beter weergawes van onsself saam met mekaar.
Ons altwee besef dat liefde ʼn keuse is, en kies mekaar elke dag opnuut. Deur die soet en suur van die lewe.
Beide van ons prioritiseer ons verhouding, en daarmee gaan bereidwilligheid en opofferings gepaard. Ons doen hierdie uit ʼn plek van liefde.
Leon was enkellopend en ʼn gesoute bachelor, wat ʼn kits-gesin bygekry het. Hy doen ʼn ongelooflike goeie werk om al hierdie pare skoene vol te staan. Hy het nie nét my gekies nie, maar ook al drie kinders(onderskeidelik 23, 21en 16). Sy aksies en dade getuig daarvan.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het op 3 Mei 2024 verloof geraak en is op 12 September 2024 getroud.

Die verloofring:
Ons het die aanvanklike ring saam gekies, maar dit is ongelukkig gesteel in ʼn roof verlede jaar September… In die eerste maand van ons verhouding het ons geweet ons wil trou en het reeds die ring saam gekies!
Die tweede ring is die naaste weergawe daaraan. Nie een van ons is baie materialisties nie, en na die roof het ons ook besef dat ons belofte aan mekaar dieper lê as ʼn ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons besef dat ons verhouding ʼn seën is en ons is ongelooflik dankbaar dat ons mekaar kon vind.
Fotos vang kosbare oomblikke en herinneringe vas in tyd – dit is iets wat nooit weggeneem kan word nie en is blywend.
Ons wou hierdie spesiale tyd vasvang en ook vier! Ons beplan ook om fotos laat blok vir ons huis.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Albei van ons is lief vir die natuur -son, see en sand! Langebaan is waar ons woon met die mooie Mykonos op ons voorstoep. ons the eie klein Griekeland aan die Weskus!
Ons hou van natuurlike styl fotos, en wou net onsself wees. Met die fotosessie het ons hope pret gehad, ons fotograwe was fenomenaal!


Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons moes mekaar herinner om te fokus op dit wat saak maak en nie al die stres en druk wat trou beplanning kan te wee bring nie.
Veral omdat dit ʼn kort verlowing was het ons probeer om ook hierdie opwindende tyd te geniet.
Ons is opreg dankbaar vir die seën wat ons in mekaar, ons verhouding en gesin ontvang en die nuwe avontuur wat vir ons wag.

Visie vir droomtroue:
Die idee was om ʼn baie klein intieme troue te hê met net ons naaste familie en geliefdes. Ons het besluit om spesifiek te soek na country style venues.
Ons wou graag ʼn landelike selfdoen troue hê, op die platteland, omring deur berge en waar ons God se hand kon voel en ervaar.
Dit moet ʼn viering van liefde en die lewe wees. ʼn Viering van die seën en guns wat ons as gesin ontvang het, in mekaar en ons lewens saam.
Baie aards en simplisties, waar ons twee en ons gaste kon kuier en die spesiale dag saam kon vier.

- Fotograaf: Kreativ | Kontak
- Fotosessie Ligging: Mykonos Langebaan | Kontak
- Grimering: Kreativ| Kontak
- Verloofring: Sterns

