FP & Danelle se rustieke troue

FP en Danelle het vanjaar ewige liefde in ʼn pragtige sandsteen skuur aan mekaar verklaar.  FP en Danelle is ʼn paartjie wat nie gras onder hulle voete laat groei nie!  Hulle was slegs drie maande in ʼn verhouding voordat hulle besluit het om te trou!  Toe hulle Florence Guest Farm vir die eerste keer sien, het hulle dadelik geweet dat dít die plek is waar hulle hulle rustieke roosgoud troue wil beplan.  Die paartjie se goeie besluitnemingsproses kan ook gesien word in hul keuse van dekor.  Hulle dekor is klassiek en elegant met ʼn effense rustieke gevoel.

Rol af en geniet FP en Danelle se rustieke roosgoud troudag.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Louie Daniele Diamond Corporation wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 23 Maart 2019 getrou.  Danelle was 29 en FP was 33 jaar oud.

Anet Oosthuizen Skoonheidskliniek wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar deur ʼn vriendin ontmoet.   Sy het besluit om ʼn braai te reël en ons albei twee weke voor die tyd te nooi om seker te maak dat ons het nie ander planne het nie.  Ons het mekaar al vantevore gesien, maar nog nooit kans gehad om werklik te gesels nie.  Teen die tyd wat die braai plaasgevind het was die tyd uiteindelik reg – niks en niemand kon die vonke keer nie!  Voor die aand verby was, was die koel al deur die kerk.

Ons het slegs 3 maande uitgegaan voordat FP my gevra het om te trou.  Hy het my na ʼn mooi restaurant geneem waar ons kamstig met sy suster en haar man sou gaan eet.  Toe ons die restaurant binnetree, het ek gedink dis baie luuks vir ʼn vinnige uiteet.  Ons eetplekkie was baie privaat met kerse en rose op die tafel.  FP het ʼn verskoning vir alles gehad!  Dus het ek niks vermoed nie.  Daar was wel ʼn groterige boksie op die tafel.  Toe ek die boksie oopmaak was dit ʼn legkaart.  So begin ek die legkaart bou en sien dis ʼn foto van ons waarop ‘Vir Altyd’ staan.  Toe ek opstaan, staan FP langs my en vra my om te trou – ring onderstebo!  Die onderstebo ring was glo senuwees!  Hy moes toe ook eers die foon gryp om seker te maak op watter knie om te staan!

Carike Nel - Couture - Design - Styling wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Carike Nel - Couture - Design - Styling wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeerCarike Nel - Couture - Design - Stylingr wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Carike Nel - Couture - Design - Styling wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Carike Nel - Couture - Design - Styling Carike Nel - Couture - Design - Styling Carike Nel - Couture - Design - Styling Carike Nel - Couture - Design - Styling

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het altyd gedroom hoe my trourok moes lyk, maar my rok het al my drome oorskry!  Ek het eers gaan rokke aanpas om te sien watter tipe rok my lyf sal pas en om die proses makliker te maak.  Die styl wat ek altyd ingedagte gehad het, het toe glad nie by my gepas nie!  My skoonsus het my aan Carike Nel voorgestel en ek het dadelik geweet Carike gaan my rok maak.  Carike het soveel raad en leiding voorsien.  Ons het eers 2 maande voor die troue met my trourok begin.  Dit was beslis die moeite werd!  Op hierdie manier is daar nie tyd om te veel oor jou rok te dink en konstant jou idee te wil verander nie.  Met elke aanpas het my rok net mooier geword.  My rok was romanties en stylvol en ek is mal daaroor!

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Eurosuit Eurosuit Eurosuit Eurosuit Eurosuit wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het lank gesoek na die perfekte fotograaf en videograaf.  Dit was vir my een van die belangrikste besluite van die troue, aangesien dit al is wat mens oor het van jou spesiale dag.  Omdat die hele dag so besig is, onthou mens nie veel nie.  Dis so lekker om weer elke oomblik van ons rustieke roosgoud troudag te herleef as ons na ons foto’s kyk.

Ons het op Arline Photography and Video Productions besluit.  Hulle het elke spesiale oomblik vasgevang!  Ons het soveel komplimente oor ons mooi foto’s gekry.  Ons gaste kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi ons videograaf die liefde tussen my en FP vasgevang het nie.   Elzanne en André het ons so gemaklik voor die kamera laat voel en presies geweet wat hulle in ons foto’s soek.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeerwedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag ?


Die merkwaardigste oomblikke van die dag was toe my Pa my vir die eerste keer sien en toe ek in die paadjie na FP toe stap.  Dit was twee van my mooiste oomblikke wat ek vir altyd sal koester.

My Pa se reaksie toe hy sy dogtertjie sien kan nie in woorde omgesit word nie.  Dit was so ʼn groot voorreg om saam met hom daar te staan voor die kerk deure oopgaan.  Dis ʼn oomblik wat net ek en hy sal onthou en dit bly die mooiste liefde tussen ʼn Pa en dogter.

Toe die deure oopgaan en ek vir FP sien, het alle spanning verdwyn.  Ek kon nie wag om voor te kom en sy hand te vat nie.  Dit was so ʼn wonderlike en groot oomblik toe hy my by my pa neem.  Die man waarvoor ek so lank gebid het, het uiteindelik voor my gestaan en gewag dat ek sy vrou genoem word.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Vertel ons meer van jul ringe.


Ek is absoluut gaande oor roosgoud en wou graag ʼn tydlose ring hê.  Ons het by Louie Daniele gaan ringe aanpas.  Ek het gewik en weeg tussen roosgoud en witgoud en kon glad nie ʼn keuse maak nie!  Die dame wat ons gehelp het, het dadelik gesê sy dink ek weet presies wat ek wil hê, ek moet net die moed bymekaarskraap en die besluit neem.  Ek het op roosgoud besluit.

FP se ring was veel makliker as myne.  Ons het ook sy ring by Louie Daniele gekoop.  Hy het dadelik geweet wat hy wil hê en het op die donker wolfram besluit.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Hierdie kan omtrent ʼn kopseer veroorsaak!  Ons het so 135 gaste onthaal.  ʼn Troue is maar ʼn baie duur storie;  Ek was so bevoorreg om ʼn Pa en verloofde te hê wat graag finansieel wou bystaan.  Daar was sekere goed waarop ons moes sny, asook ekstra uitgawes wat mens nie altyd in berekening hou nie.  Dis al die klein goedjies wat die begroting opjaag.

Ek dink as bruidspaar moet jy jouself vra wat is vir julle die belangrikste.  Dan kan julle saam besluit waarop julle wil sny en waarop julle bereid is om ekstra te spandeer.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?  Indien moontlik, wie?


Ek het baie op Mooi Troues rond geloer.  Ons venue, Florence Guest Farm, het ons op die webblad raakgesien.  Dit was so lekker om raad te kry van ander bruide en ʼn platvorm te gebruik wat alle idees deel – veral idees waaraan mens nie altyd dink nie.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Hoe het julle die venue gekies?


Ons was opsoek na ʼn venue wat ʼn naweek troue kan hou, omdat ons soveel familie het wat van ver af kom.  Een van my grootste drome was dat al ons familie en vriende die troue kan bywoon.  Die oomblik toe ons in Chrissiesmeer by Florence Guest Farm stop en my voete die grond raak, was ek onmiddellik verlief op die omgewing.  Die gasvryheid van Tannie Ané en Oom Nico was wonderlik en ons het dadelik so tuis gevoel.  Ek was verlief op die klipkerk en die feit dat daar ʼn Mooinooi en Rampkamp area is waar die bruidsmeisies en strooijonkers kan aantrek.  Alles van die venue was perfek en dit was ʼn groot begeerte om daar te trou.  My rustieke roosgoud troudag kon uiteindelik waar word – my hele droom in een plek!

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productionswedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Florence Guest Farm wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions

Wat was die inspirasie vir jul dekor?


My ring was ons inspirasie rondom die dekor van die troue.  Ek wou graag roosgoud as fokuspunt hê.  Dit het perfek by die venue gepas!  Die styl van ons troudag was ʼn rustieke roosgoud tema.  Ek het egter ʼn paar keer my dekor idees verander, sowel as die kleur wat by die roosgoud pas.  Ek wou graag ʼn romantiese gevoel skep.  Alles het op die ou einde perfek bymekaar gepas!

Florence Guest Farm wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Florence Guest Farm wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ek en FP is albei baie lief vir dans, so dans lesse was nie nodig nie.  Ek dink na ons eerste dans het ons nie weer gesit nie!  Ons was heeltyd op die dansvloer!  Die liedjie waarop ons gedans het was Perfect van Ed Sheeran en Andrea Bocelli.  Die liedjie het op ons eerste afspraak gespeel; Dit het vir ons ʼn spesiale betekenis gehad.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Wat ʼn verassing!  Ek het Sondagoggend na die troue uitgevind ons gaan Mauritius toe vir ons wittebrood.  Ek wou uit my vel uit spring van opgewondenheid!  Dit was so ʼn groot hartsbegeerte om Mauritius toe te gaan – en met wie beter as my pasgetroude man!  Die weer was ongelooflik lekker en warm.  Ons het elke dag gaan swem en op toere gegaan.  Ons het selfs saam dolfyne gaan swem!  Ek glo na ʼn troue se stresvolle beplanning het julle as paartjie verseker ʼn lekker wittebrood nodig.  Ons wittebrood was prentjiemooi met wit strande, lekker drankies en té veel heerlike kos!

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan


Om ʼn troue beplan is nie maklik nie; Daar was oomblikke wat ek die berge in wou hardloop!  Op die ou einde was alles die moeite werd.

My advies is doen graag wat jóú hart begeer, binne jou begroting natuurlik.  Onthou dis jou dag!  Die res van die mense het ook al hul spesiale dag gehad, of sal hul beurt kry – so onthou dat jy maar selfsugtig mag wees.

Een van my en FP se mooiste oomblikke was toe almal op die dansvloer gekuier het en ons ʼn oomblik terug gestaan het en ingeneem het hoe lekker familie en vriende op ons troue saam kuier.  Daardie oomblik was ʼn prentjie wat ons altyd sal onthou.  Toekomstige bruide, neem jou bruidegom en maak tyd vir so ʼn oomblik wat net julle twee kan vasvang.

wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer Arline Photography & Video Productions wedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeerwedding at florence guest farm wedding venue chrissiesmeer

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: