Chris en Heidi se troudag van vol vermaak te danke aan The Party Technician wat die voete aan die dans gehou het en vir die foto hokkie vir diegene wat lekker laf voor โn kamera wil wees. Ons deel โn kort snit video van hoe van die gaste dans voor die seremonie.
Ons by Mooi Troues hou van die โbriefieโ wat onder Heidi se skoene geskryf was en dink dis โn baie oulike idee vir bruide wat nog trou. Die aksie figuurtjie wat Chris gebruik as borsspeld bring โn speels element na die troue.
Ons weet sommer daar was lekker gelag en tot vroeg oggend gedans by die troue.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet by die werk. Ek was โn Bestuurder by Spur en hy was โn kelner, tydens sy gasvryheidsbestuur.
Hoe het julle verloof geraak?
Chris het my verras met โn tandem valskerm sprong en toe ek land was Chris op sy knie met die ring in sy hand.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons is 12 jaar saam voordat ons getrou het.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Solank julle teen mekaar leun en mekaar ondersteun kan julle deur alles werk en nommer een is kommunikasie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Musiek en Fotohokkie: The Party Technician
- Fotograaf: Photography to Remember
- Koek en kolwyntjies: Mad Batter Cakes
- Trourok: Tracey Goodchild