Die Mooi Troues Storie

Mooi Troues was gestig in Mei 2013 in Seepunt, Suid-Afrika, deur Entrepreneurs, Günther en Jaun.  Hulle het ʼn gaping in die mark gesien vir ʼn Afrikaans aanlyn trou publikasie, wat trou inspirasie deel op ʼn internasionale standaard en diensverskaffers bemark.   Mooi Troues het vinnig gegroei in een van Suid-Afrika se mees geliefste digitale trou publikasies – ook bekend as ʼn webjoernaal.  Mooi Troues het vinnig gegroei oor die jare en is nou ʼn betroubare bron van trou advies, trou inspirasie en fantastiese diensverskaffers vir ons lesers.

Günther is die voormalige fotograaf van Top Billing, Expresso Show, en Afternoon Express wat uitgesaai word op SABC3.  Hy het ʼn kwalifikasie in Hotelbestuur en Eiendomsbedryf studies.  Met jare se ondervinding in die media bedryf en ʼn passie vir die bedryf het Günther sy ervaring in Mooi Troues geïmplementeer.

Jaun het jare se ondervinding in die gasvryheid bedryf, insluitende restaurante en ʼn vyfster Boutiekhotel, asook die media bedryf.  Hy het ʼn kwalifikasie in sosiale media.  Met sy passie vir mense en jare se ondervinding in die gasvryheid en media bedryf bring hy ʼn klomp kennis wat geïmplementeer het by Mooi Troues.

Mooi Troues heg waarde aan kwaliteit werk en daarvoor het hulle streng Publikasie standaarde.   Mooi Troues het die African Bloggers Awards in 2015 gewen onder die kategorie “webjoernaal met die beste fotografie”. Hulle was ook ‘n beoordelaar vir Top Vendor Wedding Awards in 2015.  Mooi Troues het die prys gewen as Beste Trou Webjoernaal in Suid-Afrika by die Top Vendor Wedding Awards in 2017.

Mooi Troues se stigters wou besighede in die trou bedryf, klein-tot-groot besighede, konnekteer met paartjies wat besig is om hulle troue te beplan.  Die doel is om plaaslike besighede in Suid-Afrika die kans te gee om hul besigheid se produkte of dienste te adverteer.

Die meerderheid van Mooi Troues se lesers is gebaseer in Suid-Afrika, maar Mooi Troues kan gratis gelees word reg oor die wêreld.

Inhoud wat gepubliseer word sluit in: regte troues, gestileerde trou inspirasie, trou beplanning advies, regte verlowings, skryfbehoeftes inspirasie, gratis skryfbehoeftes, wittebrood wegbreek plekke en vele meer.

Kort nadat Mooi Troues Aanlyn gegaan het, het hulle baie sukses bereik en was gepubliseer deur van Suid-Afrika se top publikasies, insluitende Sarie Bruid Tydskrif, Huisgenoot, You, Bella, Fairlady Bride en Die Burger.  Hulle was ook op die bekende televisie program, Pasella op SABC 3.  Mooi Troues het ook een keer per maand advies gegee aan Radio Sonder Grense se luisteraars.

Deur die jare het Mooi Troues baie verander.  Klik hier om na ons tydlyn te kyk deur die jare vanaf 2013.