Tinus en Carin was albei studente in Potchefstroom en is aan die einde van hul eerstejaar deur gemeenskaplike vriende aanmekaar voorgestel tydens ล Nuwejaars-naweek in Clarens.
Met Nuwejaar het hulle op die hoek van ล straat in die dorpie gedans en het Tinus vir sy vriend gesรช dat hy nog eendag met haar gaan uitgaan. โSowat ล jaar later het ons mekaar weer in Potch raakgeloop en kon nie ophou gesels nie,โ daarna was die skoot hoog deur en Tinus en Carin het in Maart van hulle derdejaar-studies begin uitgaan.
Tinus was ekstra versigtig met sy handbagasie op die vlug Kaapstad toe in Maart hierdie jaar, hy het seker gemaak dat Carin niks in die rugsak sou soek (of vind) nie.
Tydens hulle Kaap langnaweek het die paartjie ล โroad-tripโ video gemaak van oral waar hulle rond gery het. Laat Saterdag middag het hulle gaan piekniek hou op Seinheuwel, Tinus het die perfekte plek gesoek vir die kamera sodat hulle ล foto kon neem. Sonder Carin se wete het hy ล video opgeneem en op sy knieรซ gegaan om haar te vra om te trou. Sรณ het hy hulle spesiale oomblik vir altyd vasgevang.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou op die 7de Februarie 2015 by The Stone Cellar, buite Heidelberg. Ons was albei verlief op die mooi plaas na ons eerste besoek en kan nie wag vir ons groot dag nie!
Wat is julle droom troue?
Ons droom-troue is een wat ons kan deel met die mense wie ons die heel liefste het, ons is geseรซn met wonderlike gesinne en baie spesiale vriende. Ons het ook die ongelooflike voorreg om โn belofte af te lรช in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader, terwyl my pa die huweliks-boodskap gaan lewer.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ian Odendaal Photography