DUVON WINE & WEDDING ESTATE

TROU VENUE / ROBERTSON

DuVon Wine and Wedding Estate is ʼn pragtige familie, vrugte- en wynplaas, naby Robertson. Stel jou seremonie voor in ons nuutgeboude onderdak-kapel—ʼn ruimte wat ontwerp is om die mooi natuurskoon van wingerde en berge ten volle te benut.

Dié trou venue bied eksklusiewe pakkette aan bruidspare om hulle die perfekte geleentheid te gee om hul troue aan te pas by hul persoonlike smaak, voorkeur en behoeftes met eindelose uitsigte oor die wingerde.

ʼn Gedeelte van die ou wynkelder is opgeknap in ʼn moderne plaas trou venue.  Dit het sitplek vir tot 200 gaste met ʼn dansvloer en bestaan ook uit ʼn buite-area waar bruidspare hul gaste kan onthaal wat oor die wingerde uitkyk.

Die tuin en wynkelder op DuVon gee die bruidspare verskillende opsies vir seremonies en pre-drinks, hetsy onder die ou “Karoo Boer Boon” boom in die somer of in ons boutique Chenin Blanc wynkelder in die winter.

Ons nooi graag alle toekomstige bruidspare uit om ʼn afspraak te maak om na ons pragtige venue te kom kyk.










    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      MEER INLIGTING

      sit    FACEBOOK instagram  

      KLIËNTE RESENSIES

      Baie baie dankie vir Laura en haar span by Duvon vir al julle harde werk op ons troudag! Alles was perfek! Baie dankie dat julle ons dag só spesiaal gemaak het! DuVon is beslis een van die mooiste wynplase en sal altyd naby aan ons harte wees! Weereens baie baie dankie! 🙂

      Wynand & Mariska Botha

      25 Junie 2022

      Duvon is een van die mooiste wynplaas venues in die Wes-Kaap en het die mooiste view vir n buite seremonie. Laura en haar span het gesorg dat alles net perfek was vir ons dag. Die kos was heerlik!!

      Liefde

      Ludolf & Janie

      Janie Oosthuizen

      16 Oktober 2021

      Duvon het ‘n amazing diens gelewer en Laura en haar span het puik werk verrig. Alles was perfek van die pragtige blomme en dekor tot die wonderlike kos en gasvryheid. Baie dankie dat julle gesorg het dat ons groot dag seepglad verloop het.

      Groete
      Stefan en Bernelee

      Bernelee Prins

      20 November 2021

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: