
Heino & Khanya se Luukse Troue in Waterberg Bosveld
deurDie Limpopo provinsie is ’n gewilde streek vir Suid-Afrikaners sowel as internasionale…

Palala Boutique Game Lodge & Spa is die perfekte venue vir jou droom bosveld troue, geleë in die hartjie van die bos reg op die Limpopo rivier. Ons kapel, met sy Kremetartboom, skilder die ideale agtergrond vir jou groot oomblik. Na die seremonie kan die gaste die sonsondergang geniet op ons eiland waar ons vir julle lekker eet en drink goed bedien. Ons professionele veldwagters sal dan die paartjie na al die mooi dele van die lodge neem vir ‘n fotosessie. Die onthaal vind plaas in ons modern Oryx venue wat prentjie mooi is nog voor ons begin met tafel dekor. Ons pakette sluit al die tafels, stoele, eetgerei, etes en heelwat drankies in. Geniet die aand van jou troue in ons wittebrood suite wat ook ingesluit is by ons pakette. Laat dit oor aan ons professionele koördineerders om die dag se gebeure volgens skedule te laat verloop.
































Die Limpopo provinsie is ’n gewilde streek vir Suid-Afrikaners sowel as internasionale…
Geen resensies op die oomblik nie.