
Derius & Melanie se tydlose troue
deurOns by Mooi Troues is baie opgewonde om met ons lesers Derius en…

Welgelegen Cherry Estate is geleë in die Oos-Vrystaat, 40 km vanaf Clarens, in die skilderagtige Witteberge en met uitsig oor die Maluti-berge. Welgelegen is ‘n werkende kersie- en appelplaas en die perfekte plek vir ‘n onvergeetlike ervaring.
Welgelegen Cherry Estate het doelgerigte geriewe vir troues, konferensies en spesiale geleenthede. Die onthaalsaal, kroeg, kombuis en badkamers is ontwerp as ‘n geïntegreerde fasiliteit. ‘n Uitsig oor die dam met die Maluti- en Witteberge in die agtergrond gee die toon aan vir ‘n onvergeetlike naweek met fantastiese fotogeleenthede. By Welgelegen sal ons verseker dat jou droomdag ‘n onvergeetlike en ontspanne ervaring sal wees. Die Venue is joune vir die hele naweek. Welgelegen bied ‘n ontspanne plaas- en plattelandse atmosfeer op ‘n werkende kersie- en appelplaas.
Die Venue:
Kapel
Buite troues is baie gewild
Privaat bruids- en bruidegomsuite
Akkommodasie
Verblyf vir 84 gaste is beskikbaar op die plaas waarvan 80 gaste privaat badkamers het.
Ons by Mooi Troues is baie opgewonde om met ons lesers Derius en…
Geen resensies op die oomblik nie.