
Wilton & Kaylyn se Herfs Troue in die Paarl
deurWilton en Kaylyn se herfs troue in die Paarl is besonders romanties…
Vertrou Zonnevanger om jou droomdag waar te maak! Zonnevanger wat beteken “vang die son, vang jou drome!” is perfek geplaas in die hart van die Boland naby Paarl en Wellington tussen wingerde met ʼn asemrowende uitsig van die Klein-Drakenstein berge. Ervaar jou onvergeetlike mooi dag en seremonie in die idilliese tuine en ʼn gazebo op die water. Die seremonie area is omring deur romantiese Laventel velde met wingerde en majestueuse berge in die agtergrond vir daardie onvergeetlike foto’s.
Dit word gekomplimenteer deur ʼn modieuse binnenshuise onthaal area vir tot 120 gaste. Zonnevanger word bestuur deur die eienaar self wat verseker dat jy waarde vir geld ontvang en dat jy as bruidspaar eerste gestel word! Ons kombineer outydse waardes van omgee, persoonlike diens en topklas spyseniering met moderne idees. Afgesien van ons uitstekende waarde vir geld tariewe, bied ons ook kwaliteit met aandag aan detail en pasgemaakte funksies en streef daarna om dit vir die bruidspaar ʼn een-stop diens te maak.
Met ons gastehuis op die terrein vir tot 18 persone wat ʼn bruidsuite en wittebroodskamer insluit, kan jy ʼn ontspanne tyd geniet voor jou groot dag en goed uitgerus wees vir jou troudag.
Wilton en Kaylyn se herfs troue in die Paarl is besonders romanties…
Geen resensies op die oomblik nie.