
Ulrich & Bianca se Tropiese Geïnspireerde Troue by ʼn Wildlodge in Noordwes
deurOns is ongelooflik opgewonde om Ulrich en Bianca se tropies geïnspireerde troue…

Die unieke natuurskoon wat Bona Bona Game Lodge omring sal verseker dat gaste luuksheid en gemak ervaar terwyl hulle die skoonheid van Noordwes geniet. Ons het 14 kamers in die hoof-oord, almal en-suite wat spog met pragtige uitsigte oor die bosveld en die watergat. Die kamers is almal luuks toegerus vir gaste en die kamp is ook rolstoel-vriendelik. Vir die avontuurlustiges bied ons die perfekte plek so entjie vanaf die hoofkamp – die Boskamp, met die natuur op jou voorstoep. Die kamp is bereikbaar met ʼn 4×4, en is omring deur Kameelperde, verskeie bokke en ander pragtige diere. Daar is 8 chalets met slaapplek vir 16 persone. Dit is ‘n luukse selfsorg kamp perfek vir families en groepe!
Ons het ook ons “Stable” kamers – ongeveer 200m vanaf die hoofkamp. 10 pragtige kamers elk en-suite. Bona Bona spog met ons luukse Veldhaven spa. Dit het 6 behandelings kamers asook ’n binnenshuise verhitte swembad, sauna en stoomkamer. Die restaurant bied heerlike etes. Sit agteroor met ʼn skemerkelkie in die sitkamer en geniet heerlike items van ons Afrika-spyskaart. Die restaurant, die kroeg en die sitkamer kyk oor die watergat uit waar Kameelperde, Sebras, Koedoes en renosters gereeld kom drink.
Ons het ʼn luukse wynkelder waar jy privaat funksies kan hou vir tot 12 gaste. Gaste kan ook invlieg en met gemak land op ons geteerde aanloopbaan van 1.3km.
Bona Bona is ook ʼn wonderlike trou-venue! Ons het twee verskillende veneus – ons Renoster saal asook ons Olifant saal. Ons kan tot 250 gaste akkommodeer, en daar is ʼn kapel wat gebou is met romanse in gedagte. Ons het ook ʼn trou-koördineerder wat jou sal bystaan om jou gemoedsrus te bied dat jou groot dag vol vreugde, liefde en goeie herinneringe sal wees en professioneel hanteer sal word.































Ons is ongelooflik opgewonde om Ulrich en Bianca se tropies geïnspireerde troue…
Geen resensies op die oomblik nie.