FRANCINE'S VENUE & FARMHOUSE

TROU VENUE / HOEDSPRUIT

Promosie:

Francine’s Farmhouse & Venue bied ’n beperkte Winter- en Lente trou aanbod!

Bevestig jou bespreking teen 27 Februarie 2026 en ontvang:

  • R 10,000 afslag op lokaal huur vir troues van 60 gaste of meer.
  • ʼn R 2,500 koek geskenkbewys van ons interne troukoek verskaffer.

Beskikbare troudatums:

• Laaste drie naweke in Julie 2026.
• Eerste en laaste naweek in September 2026.

’n Nie-terugbetaalbare deposito verseker jou datum.

Kontak ons vandag of besoek ons webwerf.

Bespreek die promosie voor 27 Maart 2026.
Bepalings en Voorwaardes Geld.

Francine’s Venue & Farmhouse is geleë in die pragtige Laeveldstreek van Limpopo.  Dit is naby die dorpie Hoedspruit, ʼn buurman van die Nasionale Krugerwildtuin, ongeveer 400km vanaf Pretoria en Johannesburg. Die venue is op ʼn werkende sitrusplaas met die geur van lemoene en pomelo’s wat vars in die lug hang.  Hier vorm die majestueuse Drakensberg asook die bekende Blyde Canyon, die asemrowende agtergrond van jou troue.  ʼn Ou tabakstoor wat uit die vorige eeu dateer is omskep tot ʼn prentjiemooi onthaal-fasiliteit en dit alles vorm die ideale agtergrond  vir die mees onvergeetlike foto’s.

Ons spesialiseer in enige troues;  van klein en intiem  tot soveel as 180 gaste.  Ons aangrensende gastehuis kan 18 gaste akkommodeer in 9 pragtige landelike kamers.

Ons is ʼn gedugte span met ʼn passie vir onthale uit die boonste rakke.  Ons bly op hoogte van die nuutste tendense maar ons ideale bruid is iemand wat saam met ons kan reis en wat haar unieke styl wil uitleef.  Ons is kreatief en glo daar lê elegansie in onder beklemtoonde eenvoud.

Ons is bekend vir ons kos en bedien die heerlikste geregte gemaak van plaaslike produkte.  Die kos en die mooi opdiening daarvan, sal vir die trou-gaste ʼn onvergeetlike ervaring wees wat hulle met al hulle sintuie sal kan beleef.  Kom ervaar ʼn wegbreek-troue wat ʼn ideale afskop gaan wees vir ʼn wonderlike toekoms saam!

    wedding venues limpopo









    wedding venues limpopo
    wedding venues limpopo
    wedding venues limpopo

    limpopo wedding venue

    wedding venues limpopo

    wedding venues limpopo

    wedding venues limpopo

     

    wedding venues limpopo

    wedding venues limpopo

    wedding venues limpopo


    wedding venues limpopo
    wedding venues limpopo
    wedding venues limpopo

    wedding venues limpopo

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit FACEBOOK instagram  

      KLIËNTE RESENSIES

      Tannie Hendrien is ‘n ster. Niks was ooit te veel vir haar nie. Sy het uit haar pad gegaan om ons sprokies dag waar te maak. Ons bly in Nelspruit en dit was reedelik moeilik om oor die afstand te beplan maar Tannie Hendrien het dadelik ons prentjie gekry. Die kos was heerlik. Baie dankie.

      ★★★★★

      Tania Kapp

      17 Augustus 2019


        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: