
THE FLORAL ARTIST
TROU BLOEMIS & DEKOR / PRETORIA, GAUTENGThe Floral Artist is sedert 2016 ’n gevestigde naam in die wêreld van blomme en dekor, met ’n besondere fokus op die trou bedryf. Die onderneming glo dat elke geleentheid uniek is en verdien om met sorg, styl en kreatiwiteit versier te word. Met vars, hand gekose blomme en ’n fyn oog vir detail word gewone ruimtes omskep in prentjiemooi tonele wat die hart en siel van elke viering vasvang.
Die span spesialiseer in trou blomme en dekor, van elegante ruikers en verfynde tafel rangskikkings tot stylvolle seremonie en onthaal dekor. Hulle passie lê daarin om paartjies se drome en visie tot lewe te bring deur blomme en dekor wat nie net mooi lyk nie, maar ook betekenis dra. Buiten troues, bied The Floral Artist ook kreatiewe dekor- en blom oplossings vir ander spesiale geleenthede soos korporatiewe funksies, verjaarsdae en intieme vieringe.
Met sy basis in Annlin, Pretoria, bedien The Floral Artist kliënte regdeur Gauteng en reis die span gereeld na ander provinsies soos Limpopo, Noordwes en verder. Waar hulle ook al werk, bly hul doelwit dieselfde: om nie net blomme te voorsien nie, maar om ’n ervaring te skep wat vreugde en herinneringe laat blom.
The Floral Artist bied meer as net blomme dit is ’n persoonlike, stylvolle en toegewyde diens wat elke spesiale dag nog meer onvergeetlik maak.




















KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.
