ADVIES & TENDENS ARTIKELS

SPESIFIKASIES

Foto Spesifikasies

Ons aanvaar slegs foto’s wat deur die fotograaf gestuur word en of vanaf besighede wat alle kopieregte behou van die foto’s. Lees asseblief die onderste foto spesifikasies noukeurig deur.  Indien die foto’s nie voldoen aan die onderste spesifikasies nie, sal die artikel nie gepubliseer word nie.

Minimum foto vereistes vir artikels om gepubliseer te word op Mooi Troues: 

  • Stuur tussen 20 en 60 foto’s.
  • 2024 px breed in JPG formaat. Minimum grootte wat aanvaar sal word vir publikasie.
  • Stuur die foto’s as ‘n enkel foto sonder enige logo’s, -rame,  of teks.
  • Stuur foto’s via Dropbox of WeTransfer na publikasies@mooitroues.co.za en gebruik die artikel se titel as die lêernaam.
  • Belangrik:  Moet nie foto’s per e-pos na ons stuur nie, dit is te groot.

Artikel Spesifikasies

Advies en tendens artikels is baie belangrik omdat lesers baie inspirasie en advies hieruit neem.  Dit is belangrik om dit te baseer op feite en nie net ‘n opgemaakte storie nie.

Minimum vereistes vir artikels om gepubliseer te word op Mooi Troues: 

  • Artikels moet in Afrikaans geskryf word. (moet nie Google Translate nie)
  • Moet in die derde persoon geskryf word (byvoorbeeld:  ‘n Mens sou sien dat die nuutste tendens is…)
  • ‘n Minimum van 500 woorde word toegelaat.
  • ‘n Maksimum van 2 000 woorde word toe gelaat.
  • Belangrik:  Breek die artikel op in hoofstukke met hulle eie paragrawe.  Elke paragraaf moet minder as 150 woorde wees en elke hoofstuk moet nie meer as 300 woorde wees nie.
  • Belangrik:  Hou sinne kort en kragtig.
  • Moet nie enige ander besighede noem in die artikel nie.
  • Jy mag jou eie besigheid 2 keer noem in die volledige artikel.
  • Moet nie iemand anders se storie verander nie – gebruik jou eie woorde, advies en insette wanneer jy skryf.  Dit is onwettig om ander mense se stories te gebruik.
  • Krediet lys:  Stuur ‘n kort lys met die persoon wat verantwoordelik was vir die skryf van die artikel se besonderhede en ook die fotograaf se besonderhede, sodat ons julle onder aan die artikel krediet kan gee.

Belangrike Informasie

  • Ons publiseer slegs artikels wat nog nie op ander digitale trou publikasies en of tydskrifte gepubliseer was nie.
  • Publikasies neem tussen 1 en 4 maande voordat dit gepubliseer word nadat ons al die informasie ontvang het.  Mooi Troues is een van Suid-Afrika se gewildste trou publikasies en kry baie publikasie versoeke, waarvan ons slegs ‘n handjie vol kies vir publikasie.
  • Mooi Troues het ‘n streng eksklusiwiteit beleid so ons vrae dat jy nie jou foto’s op enige ander publikasie indien nie tot en met 6 maande nadat dit gepubliseer was op Mooi Troues.
  • Indien die publikasie klaar op ‘n ander aanlyn publikasie of tydskrif gepubliseer was, laat weet ons asseblief per e-pos.