BLOWFISH
VENUE / WES-KAAPBlowfish Restaurant is die ideale trouvenue. Hulle is al vir meer as 18 jaar bekend vir hul seekos uit die boonste rakke en van die beste sushi in Kaapstad. Die asemrowende uitsigte oor die see en Tafelberg, sorg vir die perfekte strandtroue in Kaapstad met die pragtigste troufoto’s!
Blowfish se kundige span sal uithaal en wys om vir julle troudag onvergeetlik te maak, hetsy dit ‘n intieme geleentheid of ‘n grootskaalse viering van tot 150 gaste is. Alle beplanning en voorbereidings sal tot op die fynste detail deur die Blowfish span hanteer word, sodat julle net op die feesvieringe kan fokus. Die bruidspaar sal boonop ook ’n gratis aand se verblyf in die wittebroodsuite van Dolphin Beach Hotel kry!
Daar is ‘ n verskeidenheid trouspyskaarte om van te kies, van À la carte tot buffet – alles vanuit Blowfish se uitstekende seekos, sushi en vleisgeregte. Of julle kan saam met die span en Blowfish se sjef, julle eie spyskaart ontwikkel.
Blowfish bied verskillende venue keuses wat die grootte en begroting van enige troue sal pas. Kontak Blowfish vir meer inligting om julle spesiale dag onvergeetlik kan maak.
Besoek Blowfish Restaurant se webtuiste, stuur vir hulle ‘n e-pos of skakel hulle by 021 556 5464. Volg hulle op Facebook en Instagram vir daaglikse inspirasie.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
DIENSVERSKAFFER SOSIALE MEDIA
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.