401 ROZENDAL

VENUE / STELLENBOSCH

TROU EXPO BY 401 ROZENDAL

401 Rozendal het ook die jaar ʼn trou ekspo op 24 en 25 Oktober 2020 by hul venue vanaf 10:00 tot 16:00. Daar gaan verskeie stalletjies wees van verskaffers in die industrie, sowel ook kos, koffie en drankies te koop met vermaak en n biertent. Kaartjies sal beskikbaar wees by die venue en Quicket vir net R 50 per persoon met ʼn glas vonkelwyn ingesluit. Hou 401 Rozendal se sosiale media dop!

As jy binneland toe ry van Kaapstad, vind jy jouself in die skilderagtige omgewing van die Kaapse Wynlande.  Bekend vir sy asemrowende berg-uitsigte, ongeëwenaarde wynprodusente en top gehalte kos ervarings, vorm dit beslis die perfekte agtergrond vir ‘n pragtige troue.

Ons Funksie Lokaal: Die styl van die gebou is warm en uitnodigend, en vang die aantreklikheid van ‘n landelike leefstyl uitstekend vas. Die Kelder-eetkamer kan gerieflik tot 130 gaste akkommodeer. Die balans tussen die historiese oorblyfsels van die oorspronklike gebou en sy skoon, moderne toevoegings kan baie verskillende troue-temas of dekor-style ondersteun en gee paartjies die geleentheid om die ruimte te omskep met hul eie kreatiewe visie.   Behalwe die ontvangsarea en veranda/tuin wat as ‘n pragtige area vir verwelkomingsdrankies gebruik kan word, bied die lokaal ook ‘n binnenshuise kapel, ‘n knus sitkamer met ‘n kaggel, ‘n dans-ruimte en aantreklike kroeg aan.   Verskeie items kom as standaard ingesluit, van tafels en stoele tot koördinering op julle spesiale dag.  Ons samewerking met ‘n wye verskeidenheid verskaffers wat ons passie vir perfeksie deel sal verseker dat die troue van jou drome ‘n kommerlose gebeurtenis is.  Vir groter funksies word ‘n Bedouin-tent op die stoep gebruik vir 160 tot 180 gaste.  Die grasperk kan selfs groter byeenkomste akkommodeer met ‘n vrystaande Bedouin of Marquee-tent wat addisioneel gehuur kan word met behulp van die lokaal-bestuurder.

sit FACEBOOK instagram

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

JOU NAAM:

JOU E-POS ADRES:

JOU SELFOONNOMMER:

JULLE TROUDATUM:

JOU BOOSKAP:



KLIËNTE RESENSIES

Geen resensies op die oomblik nie.

SKRYF JOU RESENSIE ONDER

WIL JY 'N RESENSIE SKRYF?


HOEVEEL STERRE SAL JY DIE BESIGHEID GEE UIT VYF?

TROUDATUM:



SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:

JOU NAAM:

E-POS:

SELFOON NOMMER: