SKS ENTERTAINMENT

PLATEJOGGIE / WES-KAAP

By SKS Entertainment is ons daartoe toegewyd om te verseker dat jul troufees ʼn sukses is.

Ons glo dat jul troudag uniek is aan julle.  Dankie dat julle die vertroue het in ons om jul as paartjie, en julle troudag, met die respek en aandag aan detail te hanteer wat jul verdien.  Ons glo nie dat ʼn eenmalige oplossing vir almal moontlik is nie, daarom bied ons pasgemaakte dienste aan volgens jul behoeftes.  Dit begin alles vanaf die oomblik wat julle ons bespreek.

Ons sal jul graag by jul trouvenue wil ontmoet voor die dag van jul troue.  Gedurende die afspraak sal ons met jul gesels oor die verloop van formaliteite op die dag. Dan begin ons die eerste dans bespreek, volg met musiek wat almal sal geniet!!!  Ons sal ook die uitleg van die trouvenue bespreek, die ligging van die platejoggie se werkstasie en die toerusting wat jul gaan kry.  Die klank-toerusting kan opgestel word vir jul huwelikseremonie, of dit nou op die strand, in die wynlande of enige ander buitelug-venue is.

Ons waarborg om die regte liedjie op die regte tyd te speel om die dansvloer by jul onthaal vol te pak, sodoende ʼn gevoel te skep wat herinneringe sal maak.  In staat om ‘die skare te lees’ en die musiek daarvolgens aan te pas, met ʼn mengsel van agtergrondmusiek tydens skemerkelkies of tydens etes, met energie wat opbou na dansmusiek.  Met vol vertroue en begrip hoe om klank-toestelle te gebruik,  sal goeie klank gehalte gelewer word wat jul gaste nie sal pla nie.

Ons bied ʼn werklik unieke ervaring, met pakkette wat individueel aangepas is volgens u begroting en klank vereistes.  Buigsaamheid is die sleutel om ons kliënte ʼn onvergeetlike trou ervaring te gee.  Troues is een van die belangrikste gebeurtenisse in ʼn paartjie se lewe.  Ons streef daarna om dit nog jare lank ʼn onderwerp van bespreking te maak!

Geniet jul troue … dit is immers JULLE DAG !!!






KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

    JOU NAAM:

    E-POS ADRES:

    SELFOONNOMMER:

    TROUDATUM:

    BOODSKAP:



    GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

    DIENSVERSKAFFER SOSIALE MEDIA

    sit FACEBOOK instagram

    KLIËNTE RESENSIES

    Geen resensies op die oomblik nie.

    SKRYF JOU RESENSIE ONDER

      HOEVEEL STERRE SAL JY DIE BESIGHEID GEE UIT VYF?

      TROUDATUM:



      SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:

      JOU NAAM:

      E-POS:

      SELFOON NOMMER: