
Ryno & Charné se selfdoen strandtroue
deurVandag deel ons met Mooi Troues se lesers Ryno en Charné se…
ʼn Troue is ʼn eenmaal in ʼn leeftyd gebeurtenis en na maande se beplanning bereik dit ʼn hoogtepunt wanneer die groot dag uiteindelik aanbreek. Vir ʼn leeftyd daarna leef ons met die herinnerings saam. Om te belê in die beste troufotograaf is om te belê in die mooiste herinnerings denkbaar.
Klara Design & Photography behoort aan Klara Moll, een van die bekendste en mees gewilde leefstyl- en trou fotograwe in Suid Afrika. Sy is veral bekend vir die wyse waarop sy oomblikke vir mense vir ewig vasvang. Haar sukses is baseer op die spesiale manier waarop sy met mense werk. Elke sessie is ʼn onvergeetlik gebeurtenis. S y het ʼn borrelende spontane persoonlikheid en laat enige iemand gemaklik voel voor die kamera.
Klara laat enige vertrek ophelder wanneer sy fotos neem en haar en haar span se vriendelikheid en energie is aansteeklik. Want dit neem ʼn baie spesiale kundigheid om te besef hoe om oomblikke voor die kamera uit te lok en dan vas te vang.
Sy doen soveel meer as om net troufoto’s te neem. Sy maak seker sy stap die pad saam met die bruidspaar en begelei hulle deur die tradisies en emosies van die dag. Elke troue van haar weerspieël die liefde en atmosfeer wat die troudag ʼn ewige herinnering maak. Haar fotos is spontaan maar tydloos, en sy doen moeite om al die klein detail in te sluit.
Geen gebeurtenis is te groot of te klein nie – daar is ʼn verskeidenheid pakkette beskikbaar om jou sak te pas.
Vandag deel ons met Mooi Troues se lesers Ryno en Charné se…
Geen resensies op die oomblik nie.