LEON ALBERT OOSTHUIZEN

MUSIEK & VERMAAK / WES-KAAP & GAUTENG

As ‘n uitnemende akkordeonspeler skep Leon die ideale atmosfeer vir enige troue en funksie.  Dink maar aan die stemmigheid van ‘n seremonie, of die feestelikheid van ‘n kuier daarna en uiteindelik die vermaak tot laat.

Met sy Italiaanse akoestiese en elektriese trekklaviere is Leon ‘n volronde solo musikant wat spesialiseer in die musiek genres:

• Franse kafee en musette
• Skotse ceilidh
• Italiaans-Napolitaanse liedere
• Argentynse tango
• Europese volksmusiek
• Lig-klassiek
• Pop
• Jazz
• Suid-Afrikaans

Om by te dra tot die feestelikheid en atmosfeer kan hy ook rondbeweeg binne of buite terwyl hy speel met die akkordeon.  Met ingeboude koordlose klankversterker is hy nie noodwendig beperk tot een posisie nie.  Hy is ewe tuis met die lees van bladmusiek as die speel vanaf gehoor of improvisasie en skakel maklik in met ander musikante in enige duo, trio of ander ensemble, bv. saam met klavier, viool, tjello, saksofoon, kitaar, baskitaar of stem.

Indien ‘n orkes benodig word vir vermaak, groepsaktiwiteite of dans, kan een van die groepe waarin Leon betrokke is dalk net die oplossing bied:

• Sibanye, ‘n multikulturele orkes wat eg-Suid-Afrikaanse en ook wêreld-musiek maak
• Cape Town Scottish Dance Band, wat groep danse fasiliteer
• Leon & Harold, ‘n klavier en akkordeon duo wat wêreld-musiek speel
• Porteños SA, ‘n Argentynse tango ensemble

Leon is ook ‘n pianis en sanger-liedjieskrywer wat spesiale items kan lewer.  Hy kan ook sorg vir die klank en dien as platejoggie (“DJ”).   Kontak gerus vir Leon vir jou ideale troumusiek.

sit FACEBOOK tweet instagram 


Leon Oosthuizen trou musiek


Leon Oosthuizen trou musiek


Leon Oosthuizen trou musiek


Leon Oosthuizen trou musiek


Leon Oosthuizen trou musiek

VIDEO

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

SELFOON NOMMER / MOBILE NUMBER

TROU DATUM / WEDDING DATE

PLEK / LOCATION

BOODSKAP / MESSAGE

GEPUBLISEER OP MOOI TROUES