
Kegan & Kristly se stylvolle Groen & Wit troue
deurOns deel graag Kegan en Kristly se stylvolle Groen & Wit troue…
Whispering Thorns is ʼn prentjie-perfekte gasteplaas in die hartjie van die Noord-Oostelike deel van Mpumalanga, nie ver van die Krugerwildtuin nie. Die plaas spog met ʼn betowerende venue en kapel wat gebou is uit glas, tesame met ʼn sjarmante plattelandse gastehuis, wat bydra tot die unieke omgewing waarin paartjies hul droomtroue kan ervaar. Die kontemporêre ontwerp van die venue en die kapel met ʼn fasade met glas, laat gaste die perfekte ‘wegkom’-gevoel ervaar. Die plaas word omring deur van die mooiste natuurskoon in die Laeveld. Whispering Thorns bied luukse verblyf terwyl gaste omring word deur die skilderagtige panoramiese agtergrond van die Laeveld se grasveld.
Die pragtige lokaal kan maksimum van 200 gaste akkommodeer en die akkommodasie bied geriewe vir 24 gaste. Whispering Thorns het ʼn uitstekende span wat bestaan uit ʼn in- huis bloemiste, trou koördineerder en bruidskonsultant. Die perfekte span trou-kundiges om ʼn onvergeetlike troue te beplan.
Die naam is afgelei van die doringbome rondom die glas-kapel, meer spesifiek die dorings van die Ziziphus-mucrota, bekend as die Buffelsdoring, ‘blinkbaar wag-ʼn-bietjie’ in Afrikaans en ‘mphasamhala’ in Tsonga. Die dorings groei in pare op die lengte van elke tak. Een van die paar wys sterk na buite en vorentoe, terwyl die ander weer teenoorgestelde rigting en na binne draai. Die Nguni-Afrikaanse legende sê dat die dorings iets oor onsself vertel – dat ons vooruit na die toekoms moet kyk … maar ons moet nooit vergeet waar ons vandaan kom nie.
Ons deel graag Kegan en Kristly se stylvolle Groen & Wit troue…
Geen resensies op die oomblik nie.