
Venue illustrasie trou uitnodiging
deurOns is hou baie van die Venue illustrasie trou uitnodiging wat Rabbits Trail ontwerp…
Rabbits Trail is ‘n kreatiewe ontwerp-studio in Pretoria wat spesialiseer in trou-uitnodigings en skryfbehoeftes vir troues. Slaan die “doen-dit-jouself” roete oor en laat ons toe om iets baie spesiaal en sentimenteel vir jou te skep. Rabbits Trail is passievol daaroor om unieke maniere te kry om jou liefdesverhaal te vertel en vas te vang op papier. Só kan jy dit vir ewig hou en koester.
Jou troue se skryfbehoeftes is die gaste se eerste kykie na hoe julle spesiale dag gaan lyk, so maak ‘n goeie eerste indruk met persoonlike uitnodigings. Daar is niks so lekker as om ‘n unieke uitnodiging te ontvang in ‘n mooi koevert nie, dis amper soos om ‘n geskenkie oop te maak.
Rabbits Trail het ook nou kalligrafie by ons dienste bygevoeg. Ons doen ook was-seëls, persoonlike monogramme, foelie-druk, viniel sny, “letterpress” en meer. Loer gerus op ons Facebook- en Instagram-blaaie na ons werk en die gevoel van ons “estetiese voorkoms”.
Rabbits Trail leun meer na ‘n luukse trou skryfbehoefte begroting en is perfek vir die bruidspaar wat hou van feesvier en om sentimentele waarde aan elke aspek van hulle troudag te heg. Rabbits Trail glo in die krag van papier en dat dit op so ‘n manier gebruik kan word om familie & vriende bymekaar te bring om die lewe te vier.
Ons is hou baie van die Venue illustrasie trou uitnodiging wat Rabbits Trail ontwerp…
Geen resensies op die oomblik nie.