
J.P. & Lizelle se ryklike bruilofsviering
deurIn die inskrywing deel ons met Mooi Troues se lesers ʼn liefde…
Akoestiek. is ʼn Afrikaanse bruilof-duo uit die hartjie van Pretoria. Ons geniet dit om bruilofsfeeste met akoestiese verwerkings van bekende en oorspronklike liedjies in te kleur. Ons oogmerk is om ʼn gepaste atmosfeer wat die fokus op die mooi en kern van die huwelik vestig, te skep en te behou. Ons is absoluut mal oor troues. Die huwelik is vir ons so spesiaal en dit verskaf ons groot vreugde om musiek oor die liefde te skryf en mense te inspireer om weer daarin te glo. Ons sing liefdes deuntjies – van dié soort wat jou ʼn knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat juk om te skoffel.
In die inskrywing deel ons met Mooi Troues se lesers ʼn liefde…
Rozanne en Werner is ongelooflik goed en baie betroubaar. Ons het voor die troue saam met hulle gaan koffie drink en dadelik besef dat hulle ʼn passie vir hul werk het en sommer baie moeite vir hul kliënte doen. Ons kan getuig dat Akoestiek die ekstra myl gaan en ons sal hulle met die grootste liefde vir enige paartjie aanbeveel. Hulle is hartsmense!
★★★★★
28 September 2019