BONA BONA GAME LODGE

VENUE & VERBLYF / NOORDWES

Die unieke natuurskoon wat Bona Bona Game Lodge omring sal verseker dat gaste luuksheid en gemak ervaar terwyl hulle die skoonheid van Noordwes geniet.  Ons het 21 kamers in die hoof-oord, almal en-suite wat spog met pragtige uitsigte oor die bosveld en die watergat.  Die kamers is almal luuks toegerus vir gaste en die kamp is ook rolstoel-vriendelik.  Vir die avontuurlustiges bied ons die perfekte plek so entjie vanaf die hoofkamp – die Boskamp, met die natuur op jou voorstoep.  Die kamp is bereikbaar met ‘n 4×4, en is omring deur Kameelperde, verskeie bokke en ander pragtige diere.  Daar is 6 grasdak-chalets met slaapplek vir 12 persone.  Daar is ‘n ablusieblok en die kamp is toegerus vir selfsorg.  Die Ruskamp is waar familie bymekaarkom en vriende kan kuier.  Daar is ‘n gemeenskaplike huis met 12 enkelbeddens en 3 dubbelbeddens.  Daar is ook 3 chalets, elk met 1 enkel- en 1 dubbelbed asook en suite-badkamer. Dis kamp is ook selfsorg.

Ons het ook ons “Stable” kamers – ongeveer 200m vanaf die hoofkamp. 10 pragtige kamers elk en-suite.  Bona Bona spog met ‘n Afrika masseersalon en ons spesialiseer in hand-, voet-, kop/nek-, asook vollyfmasserings.  Ons kan ook ‘n pakket bymekaar sit, so doen gerus navraag.  Die restaurant bied heerlike etes.  Sit agteroor met ‘n skemerkelkie in die sitkamer en geniet heerlike items van ons Afrika-spyskaart.  Die restaurant, die kroeg en die sitkamer kyk oor die watergat uit waar Kameelperde, Sebras, Koedoes en Swartwitpense gereeld kom drink.

Ons het ‘n luukse wynkelder waar jy privaat funksies kan hou vir tot 12 gaste.  Bona Bona is ook ‘n wonderlike trou-venue!  Ons kan tot 220 gaste akkommodeer, en daar is ‘n kapel wat gebou is met romanse in gedagte. Ons het ook ‘n trou-koördineerder wat jou sal bystaan om jou gemoedsrus te bied dat jou groot dag vol vreugde, liefde en goeie herinneringe sal wees en professioneel hanteer sal word. Konferensie geriewe is ook beskikbaar: Die Elandsaal kan tot 30 persone hanteer en die Renostersaal tot 250 persone.

sit FACEBOOK

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues


north west wedding venues
north west wedding venues
north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues

north west wedding venues


north west wedding venues
north west wedding venues

north west wedding venues

KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

BOODSKAP / MESSAGE

GEPUBLISEER OP MOOI TROUES