PROTEA HOTEL BY MARRIOTT® KRUGER GATE
TROU VENUE, VERBLYF, WITTEBROOD / SHUKUZAProtea Hotel by Marriott® Kruger Gate is ideaal geleë in die Groter Kruger bewaar area, reg by die Paul Kruger hek en aan die oewer van die ikoniese Sabierivier. Ons lodge-styl hotel, met sy groot verskeidenheid akkommodasie en luukse geriewe, bied ʼn unieke Krugerpark-ervaring met al die fasiliteite van ʼn 4-ster-hotel. Ons kan gemaklik klein of groot groepe akkommodeer en sal help met die professionele uitvoer van ʼn geleentheid wat onthou sal word.
Aktiwiteite sluit in begeleide oggend-, voldag-, middag- en nagritte na die wildryke gebiede van die suidelike Krugerwildtuin met opelug-safari-voertuie. Daar is ook begeleide toere na Mpumalanga se top aantreklikhede, soos God’s Window, Blyderivier Canyon en Pelgrimsrus.
Jul gaste sal dit geniet om bederf te word in ons Afrika-geïnspireerde Spa met uitsigte oor die Sabierivier, terwyl hul ontspanningstyd geniet in die stil gedeelte van die Pool Bar met sy pragtige oneindige swembad.
Ons bied ʼn verskeidenheid van eksklusiewe eetkamers, ideaal vir privaat onthale en gala-geleenthede, met egte Suid-Afrikaanse gasvryheid en kultuur, wat klein tot groot groepe kan onthaal. Plaaslike kunstenaars soos marimba -orkeste, Afrika dansgroepe en kore is beskikbaar om inheems opwindende vermaak te bied.
Gedurende u verblyf is ons professionele personeel gereed om te verseker dat u spesiale geleentheid met ʼn Kruger-tema by ons hotel ʼn uitstekende sukses is.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
DIENSVERSKAFFER SOSIALE MEDIA
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.