
Karl & Heidi se Deftige Swart & Wit Troue
deurMet groot opwinding deel ons Karl en Heidi se deftige swart en…
The Lakeside trou venue is in die pragtige platteland, oos van Pretoria geleë en is net 30 minute se ry van die middestad af. Met asemrowende uitsigte oor die meer en versorgde grasperke, terwyl jy toekyk hoe die wild net ʼn hanetreetjie weg wei. Dit is die perfekte ligging vir eensoortige troues, unieke vieringe en onvergeetlike konferensies.
The Lakeside is ʼn idilliese stukkie paradys wat wag om enige geleentheid ʼn onvergeetlike een te maak.
The Lakeside is omskep in ʼn asemrowende venue wat ideaal is vir troues, doopfeeste, spanbou geleenthede, sportgeleenthede, jaareindfunksies, verjaarsdae, om die waarheid te sê, enige geleentheid waaraan jy kan dink.
The Lakeside is waarlik ‘n leë doek wanneer dit by gebeure kom. Die ruimtes is buigsaam en gee jou idees en kreatiwiteit die perfekte geleentheid om lewe te kry. As jy op soek is na ʼn spesiale verjaardag, ʼn stap roete, korporatiewe byeenkomste, spanbou, … eintlik enige geleentheid onder die son – die Lakeside-span kan jou help om dit niks minder as opspraakwekkend te maak nie.
Ons lokaal leen hom vir alle tipe funksies en geleenthede. Jy het absolute vrye teuels oor tema, ontwerp, uitleg, spyskaart, formaat, ens.
Daar is geen perke aan die potensiaal wat ons ruimte toelaat nie. Kom ons werk saam om ʼn perfekte unieke geleentheid te skep waarvan jy nog altyd gedroom het.
Met groot opwinding deel ons Karl en Heidi se deftige swart en…
Geen resensies op die oomblik nie.