Troue van die Jaar 2019 Registrasie

Foto Krediet:  Coba Photography

Mooi Troues loots die Troue van Jaar 2019 kompetisie!  As jy tussen 1 Januarie 2019 en 31 Desember 2019 getrou het, is hierdie jou kans om fantastiese pryse te wen!  Mooi Troues sien regdeur die jaar die ongelooflikste troues en wil vir een gelukkige bruidspaar bederf met fantastiese pryse.  Ons sien gereeld Bruid van die Jaar en Bruidspaar van die Jaar kompetisies en wil vanjaar ook ons deel doen om te sê ons sien julle troues raak!

So wys ons jou troue, laat jou vriende en familie stem en wie weet, dalk wen jy jou deel van hierdie asemrowende pryse!  Al die faktore van jou troue sal in ag geneem word; So indien jy voel jou troue was op tred met die modes en tendense van 2019, moenie huiwer om in te skryf nie.  Mooi Troues het ook pryse vir die diensverskaffers wat deel was van die Top 3 troues;  So alle diensverskaffers wat ‘n aandeel in die sukses van jou troudag gehad het, sal beloon word.

Voltooi die onderste vorm sodat ons jou eerste kan laatweet wanneer ons Troue van Jaar 2019 kompetisie aanlyn is.  Maak solank gereed om jou Mooi Troue in te skryf!

NAAM / NAME

E-POS / E-MAIL

SELFOON NOMMER / MOBILE NUMBER

TROU DATUM / WEDDING DATE

TAAL VOORKEUR / LANGUAGE PREFERENCE