Ons is altyd opsoek na nuwe talent in die Suid-Afrikaanse trou bedryf en wil graag van jou hoor as jy dink jou produk, diens of besigheid is uniek en kan ons lesers inspirasie en advies bied. Ons is baie streng wanneer dit kom by gratis besigheid publikasies en dit moet regtig iets wees wat ons aandag sal trek. Dit moet van die hoogste standaard wees en moet ons iets uniek bied voordat ons dit sal oorweeg.