Ondersteuning sal waardeer word

Mooi Troues is sedert 2013 ʼn bron van inspirasie en advies vir duisende paartjies wat besig is om hulle troue te beplan.  KOVID-19 het die trou industrie, soos baie ander industrieë, ʼn baie groot knou gegee, wat veroorsaak het dat baie van die besighede in die trou industrie baie moes afskaal.  Dit raak soveel meer diensverskaffers as wat mens sal besef, van venues, spyseniers, grimering kunstenaars, fotograwe en vele ander diensverskaffers wat dienste lewer by troues.

Mooi Troues maak staat op ons getroue adverteerders sodat ons die gratis diens, van trou inspirasie en advies, kan gee aan ons lojale lesers wat ons die afgelope 8 jaar ondersteun en sodoende ook ons fantastiese adverteerders dan ondersteun.  Omdat die trou industrie so ʼn groot knou gekry het en al hoe minder diensverskaffers bekostig om vir advertensie te betaal, het dit self ʼn groot finansiële stremming op Mooi Troues se span gesit.   Ons wil baie graag nogsteeds soos die afgelope 8 jaar die beste trou inspirasie en advies gratis voorsien aan ons lesers.  Ons wil nogsteeds ons lesers in verbintenis sit met van Suid-Afrika se mees professionele trou diensverskaffers.

Sonder ʼn kontant vloei, maak dit dinge baie moeilik om ʼn besigheid aan die gang te hou.  Daarom wil ons vra: Indien jy voel jy wil en kan ʼn donasie maak om Mooi Troues te ondersteun sal ons dit baie waardeer.  Ons sal nie weet wie het watter donasie gemaak nie.  Jy hoef ook glad nie verplig te voel om ʼn donasie te maak nie.  Elke bietjie sal help, om ons te help om daagliks ‘n bron van inspirasie te wees aan paartjies wat besig is om hul droomdag te beplan.

Elke klein bietjie sal hartelik waardeer word!

Sien asseblief onder die skakel na Snap Scan of Mooi Troues se bank besonderhede vir EFT betalings.

Bank Besonderhede

Rekening:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Business Cheque Account
Rekening Nommer: 62528022792
Tak:  Sea-Point
Tak Dode:  250-655
Verwysing: MT2021

SnapScan