Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Bridal Manor deel Trourok tendense vir 2020/2021 – sodat jy op jou beste lyk op jou troudag.  ʼn Trourok is sekerlik die belangrikste element vir ʼn bruid op haar troudag.  Meeste bruide droom jare lank oor hoe hul gaan lyk, en indien hul nie al lewenslank daaroor droom nie, besef bruide baie vinnig dat die trourok die dag kan maak of breek.  Die dag merk die begin van ʼn lewenslange reis saam met die persoon wat sy die liefste het. Dit is dus belangrik dat die rok ʼn akkurate voorstelling van haar en haar styl is.  ʼn Bruid is die mooiste wanneer sy net haarself is.

Dit is opvallend dat trourok tendense jaar na jaar verskil en dat daar sekere style, veral in Suid Afrika, meer uitstaan.  Hierdie artikel is ʼn gids oor die tendense wat Bridal Manor glo groot in die volgende jaar gaan wees.  Bridal Manor wys jou die trourok tendense vir 2020/2021.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Groot Blom Motiewe:


As daar ooit ʼn tyd was om oordrewe blom motiewe te dra is dit nou!   Deesdae is dit ʼn geval van hoe groter hoe beter. Daar is tot rokke met 3D blomme op wat ʼn interessante tekstuur by die rokke voeg.  “Blomrokke” lyk baie vroulik en het ʼn boheemse gevoel.  Hierdie pas baie mooi by bruide wat buite troues hou.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Groot Mikado Satyn Balrokke:


Vir die bruide wat al van kleins af oor hulle “prinses oomblik” droom, is dit die “satyn bal rok”.  Die gevoel van die skoon satyn maak die gewone balrok meer modern en het definitief ʼn dramatiese element wat vir bruide ʼn kans sal gee om asems weg te slaan!  Dit is belangrik om oopkop te bly en die tipe rokke kans te gee.  Baie bruide begin met een idee en eindig met die tipe rok op omdat dit so indrukwekkend, anders en só mooi pas!

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Valle:


In die 10 jaar wat Bridal Manor al in die industrie is, is valle nog altyd in.  Valle is nooit ʼn slegte idee vir ʼn bruid wat bietjie dimensie op haar rok wil skep nie.  Valle gee ʼn rok ʼn sekere “Je ne sais quois”.  Wanneer dit op die regte manier gedoen word kan dit baie stylvol lyk.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Pêrels en Kralewerk:


Die uniekheid van die pêrel is daarin dat dit skaars en baie werd is, net soos ʼn bruid.  Dit is ʼn wonderlike simbool om te dra op jou troudag.  Ons sien dit baie in die vorm van sluiers wat saam met ʼn trourok gedra kan word.  Dit gee ʼn gevoel van koninklikheid, uniekheid en die skoonheid van ʼn ongetroude nooi wat nou ʼn mevrou word.  Verdere krale werk op ʼn rok gee die rok tekstuur en beklemtoon die mooi gedeeltes van die rok.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Minimalistiese Rokke:


Die “less is more” leuse is veral ter sprake in hierdie tendens.  Rokke met minder detail, is tans beskou as hoog mode.  Dit is klassiek en sal vir altyd stylvol bly.  Die styl laat ʼn bruid veral elegant lyk en die bruid se persoonlikheid dra die rok.  Dit is wel die soort rokke wat baie goed gemaak moet wees en wat goeie konstruksie verg.   Dit is ook belangrik dat dit professioneel verstel moet word. Dus is die styl rok nie sommer goedkoop nie.  Indien hierdie rok nie met die regte materiaal en metode gemaak word nie, kan dit neig om of sleg te sit of soos ʼn nagrok te lyk.  In die styl se geval is daar geen plek vir foute nie.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Unieke, Moderne Kant Ontwerpe:


Mense is deesdae so bederf met keuses en die keuses raak net al meer.  Vandag se trourokke het die mees interessante kant ontwerpe. Gekoorde kant is iets van die verlede en gehekelde kant, Franse kant en katoen kant in verskeie patrone is nou te sien in 2020/2021 seisoen.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

“Tweede Rokke”:


Ons lewens is vir altyd verander na die uitbraak van die Korona virus.  Die “tweede rok” is dus ʼn realiteit en sodoende ʼn tendens vir 2020/ 2021.  Die tendens behels dat ʼn mens 2 troues hou en dus 2 rokke het (een vir die tradisionele troue en een vir die “klein” / “hof” / “tuin” troue).  Ongeag hoeveel troues gehou word wil ʼn bruid graag elke keer mooi voel!  Tweede rokke kan tradisioneel wees, dit kan kort of lank wees, dit kan boheems wees of net bloot ʼn bruid rede gee om nog ʼn rok te dra (dit is mos soms moeilik om net “een” te kies) Nou hoef jy nie.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Af-van-die-skouer moue:


ʼn Vrou se skouers en sleutelbeen is een van die mees vroulike kenmerke.  Dit is hoekom die tendens veral goed doen in die trou industrie. Rokke wat bietjie skouer wys is oral te sien op die loopplanke oorsee en in winkels.  Dit is romanties omdat dit gewoonlik met sagte lyne gepaard gaan.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Dun bandjies:


Dun bandjies op ʼn rok is ook iets wat nie vinnig uit die mode uit sal gaan nie omdat dit soveel doen vir ʼn vrou se figuur. Verder dien dit ook die doel om ekstra ondersteuning te bied vir die bruid tydens haar troudag. Daar is niks erger as ʼn bruid wat kort kort haar rok op trek, omdat sy bang is dit val af nie!

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

“Cut-outs”:


Die tendens laat bruide toe om bietjie lyf te wys op ʼn gesofistikeerde.  “Cut-outs” is gewoonlik onder die arm in ʼn v-vorm of aan die kante van die rok.  Die “cut-outs” kan in verskeie vorms kom maar die mees populêr is die half-maan “cut-out” aan weerskante van die rok.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021 Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Tendense:


Die tendense hier ter sprake is tendense wat hier is om te bly.  Hul sal nie sommer as ʼn “foefie” oor ʼn paar jaar beskou sal word nie.  Dit is belangrik om stylvol te wees.  Soos Ines de la Fressange sê; “The secret of great style is to feel good in what you wear”.

Bridal Manor Trourok tendense vir 2020/2021

Artikel Krediet: