Tinotenda & Pretty se Pragtige Troue op ʼn Wynlandgoed in Stellenbosch

Ons is vreeslik opgewonde om Tinotenda en Pretty se pragtige troue op ʼn wynlandgoed in Stellenbosch met jou te deel op Mooi Troues.  Dié paartjie het ʼn so ʼn elegante, simplistiese troue gehad by ʼn bekroonde wynlandgoed in Stellenbosch.

Hulle seremonie was so mooi gewees onder die bome in die versorgde tuine van die wynlandgoed.  Die bome het gesorg vir skaduwee vir gaste en kon elke oomblik van die seremonie inneem.  Hul fotosessie was ook omring met skouspelagtige agtergronde van die natuur, bome, wingerde tot berge.

Pretty het so mooi gelyk in haar minimalistiese trourok sonder oorbodige detail daarop,  minder-is-meer.   Ons is gaande oor haar strooimeisies se pragtige donker groen rokke wat baie gemaklik lyk.  Tinotenda het baie dapper gelyk in sy donker troupak.

Hulle troudekor was simplisties met elemente van groen, wit en tikseltjies goud wat dit ʼn baie stylvolle atmosfeer gee.  Die meer simplistiese dekor styl staan mooi uit teen die rou baksteen mure en hout panele in die trou venue.

ʼn Heerlike spyskaart het seker gemaak gaste eet lekker en soos jy sal sien in die foto’s was dit ʼn fynproewers maaltyd.  Pretty en Tinotenda se troukoek was ʼn twee laag wit troukoek met ʼn blom ontwerp op.  Dit was ʼn eenvoudige troukoek wat nogsteeds ʼn baie stylvolle gevoel gegee het.

Alles is moontlik as jy ʼn fantastiese span trou diensverskaffers het.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele en betroubare diensverskaffers vir jou troue. Rol af om meer te lees oor Tinotenda en Pretty se liefdesreis en om meer te sien van hul pragtige Stellenbosch wynlandgoed troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het deur ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet, en die res is geskiedenis.  Tinotenda het my gevra om te trou by Jordan wynlandgoed langs die meer.  Ek het geen idee gehad dat hy my daardie dag sou vra nie.  En het gedink ons was net in die wynlande vir ʼn lekker middagete soos ons altyd gedoen het.  Ek was aangenaam verras toe ek ʼn diamantring in my glas sjampanje sien!

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowing het 2 jaar geduur as gevolg van die Kovid19-pandemie en beperkings.  Ek het self die troue beplan en vir Mari van Dejareve gehuur om die troue te koördineer.  Sy was ongelooflik en die dag het sonder enige probleme aangegaan!

Trou Begroting:


Ons het daarin geslaag om by die ooreengekome kostes te hou.  My raad sal wees om nie die troue te oor dink nie, minimalisme spaar geld.  Die belangrikste ding van die troudag is dat mense pret het – alles anders sal jy maklik van vergeet.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons het nie net een spesifieke oomblik nie, maar elke oomblik was merkwaardig.  Net ʼn vloed van liefde.

Die Besluitnemingsproses:


Dit was natuurlik die bruid haha.

Paartjie se styl:


Die styl van ons troue was elegant en minimaal.

Vermaak:


Ons het ʼn Violis, Lynette gehad en ook ʼn platejoggie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons gunsteling diensverskaffer was die seremoniemeester, Sungano The Host, hy het lewe na die onthaal gebring en so ʼn verskil aan die troue gemaak.  Hy het die gaste gemaklik gemaak en hul hare laat los.  Ons sal hom beslis aanbeveel.

Venue & Dekor:


Dié trou venue het vir ons uitgestaan met die elegante en ou Franse styl van die plaas.  Ons wou iets deftig en pragtig hê, met pragtige uitsigte en Lanzerac Estate bied dit alles.  Dit was ʼn eenvoudige maklike besluit.

Spesiale Tradisies:


Ons is albei Zimbabwiërs, so ons het ʼn paar tradisies gehad soos die bruidegom wat vir sy skoonfamilie hande klap.  Omdat ons familie en vriende so uiteenlopend is, het ons egter gekies om die troue se verloop van die dag tot die minimum te beperk en ons gaste eerder op die dansvloer te kry!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ons raad is om aan jul troue te dink as een groot feesviering, wat die stres in beplanning sal verlig!

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op ʼn Zimbabwiese liedjie genaamd ‘Moyo muti‘ wat eenvoudig vertaal kan word na “Die hart is soos ʼn boom, dit groei waar dit wil.”

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: