Mosaic Lagoon Lodge ʼn trouvenue in Stanford

Die trouvenue Mosaic Lagoon Lodge slegs 7 kilometer buite dié prentjie mooi dorpie van Stanford, is geleë in die Overberg distrik langs die rustige en pragtige Hermanus Strandmeer.  Hermanus is ʼn populêre wegbreek bestemming vir paartjies wat trou, asook hul wittebrood daar geniet.  Met soveel aktiwiteite om te doen in dié gebied, sal jy nie ʼn oomblik hoef te wonder wat volgende op jou skedule is nie.

Jul troudag is iets só spesiaal. Maak sommer ʼn naweek wegbreek daarvan met jou naaste vriende en familie by Mosaic Lagoon Lodge.  Geniet die rustigheid van die pragtige landskappe en water wat die bestemming omring.  Hierdie is die ideale plek om te vergeet van die gejaag van die stad en net die rustigheid van die Strandmeer te geniet.  Slegs 139 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, maak dit Mosaic Lagoon Lodge net ver genoeg, maar steeds naby genoeg.

Dit is ʼn maklike en skilderagtige roete vanaf Kaapstad, veral as jy nie gejaag is vir tyd nie.  As jy opsoek is na ʼn trou venue in die Overberg, rol af om meer te lees oor ons onderhoud met Mosaic Lagoon Lodge.

Die storie agter Mosaic Lagoon Lodge:


Die lodge is in 2008 oorspronklik gestig as ʼn “tent” kamp deur Kathryn en Breese Johnson van Amerika.  Hulle het egter gou agtergekom dat die Kaapse Winters nie so lekker werk met die tente nie.  Stelselmatig het hulle te begin om die tente te vervang met die strukture soos wat die vandag daar is.

Inspirasie agter die naam, Mosaic Lagoon Lodge:


ʼn Mosaic van mense wat bymekaar kom om ʼn spesiale ervaring te skep vir gaste wat daar bly, daar is ook ʼn strook fynbos op die plaas met die naam “Fynbos/Ticket Mosaic”

Ligging:


Mosaic Lagoon Lodge is geleë op die randjie van die Hermanus Lagoon, so 7 km buite Stanford in die Overberg.

Verblyf:


Daar is verblyf vir 10 gaste in ons luukse safari-styl suites.  5 Luukse safari-styl suites ideaal vir wittebrood doeleindes.  Een van die suites het ook ’n houtvuur plonspoel.

Trou by Mosaic Lagoon Lodge:


Dis werklik baie spesiaal en heeltemal iets anders.  Nie jou gewonde trou venue nie.  Intiem met 5-ster diens en omgewing.  Jy voel sommer reeds of jy op wittebrood is.  Om die lodge as ʼn trouvenue optimaal te gebruik en nie sy mistieke gevoel te verloor nie, beperk ons dit tot 30 gaste.  Mosaic Lagoon Lodge se span kan alles reël en kry wat die bruidspaar nodig het, teen addisionele koste.  Hul doen weghol troues (elopements) vir die bruidspaar alleen, of troues tot en met 30 gaste.

Spyseniering:


Mosaic Lagoon Lodge kan enige iets doen wat die bruidspaar se harte begeer.  Hul hou egter van tradisionele Suid-Afrikaanse geregte met ʼn lekker kinkel.  Ongelukkig kan paartjies nie enige buite spyseniering besighede inbring nie, aangesien dit aan Mosaic Lagoon Lodge se naam gekoppel word.

Ingesluit in die trou pakket:


Stoele, tafels, eetgerei en glase (deur die lodge voorsien, indien ander verlang word word daarvoor ekstra gevra).

Kontak Besonderhede:


Kontak vir Elanie per e-pos of telefonies by 076 313 2814.  Indien jy meer wil soen van Mosaic Lagoon Lodge, volg hul op Instagram en Facebook.  As jy klaar getrou is, of net opsoek is na ʼn heerlike wegbreek, besoek Mosaic Lagoon Lodge se webtuiste om jou wegbreek te bespreek.

Artikel Krediet: