Verskil tussen Trou Koördineerder & Venue Bestuurder

Die inskrywing handel oor advies tussen die verskille van trou koördineerder en venue bestuurder.  Daar is baie verwarring tussen ʼn trou koördineerder en venue bestuurder en wat elke een van die twee se verskillende rolle is. Dit is belangrik om die verskil te verstaan voordat jy ʼn venue boek.  Baie venues adverteer dat hulle ʼn trou koördineerder diens insluit by die venue huur.  Bevestig wat presies die venue se koördineerder sal mee help en wat nie.

Paartjies wat besig is om hul troue te beplan is so besig en het deesdae so baie om aan te dink, so is dit belangrik om die regte opsie te kies wat vir julle sal werk.  Paartjies wat die verskille verstaan sal nie onnodig teleurgesteld word as hulle nie ʼn seker diens van ʼn sekere persoon ontvang nie.

As jy van die artikel hou, deel dit gerus op sosiale media.  Vir fantastiese trou diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Rol af om meer advies te lees.

Trou Koördineerders:


Trou koördineerders het verskillende dienste wat hulle kan bied vir jou troudag.  Jy kry koördineerders wat jou sal help met jou volledige trou beplanning proses, of net op die dag van jou troue.  Verskillende koördineerders het verskillende pakkette om te bied.  Die is belangrik om ʼn koördineerder te kies wat vir jul sal werk.

Trou Koördineerders help paartjies reg van die begin van hulle trou beplanning proses.  ʼn Trou koördineerder sal jou help om jou troudag te beplan reg van die begin af.  ʼn Professionele trou koördineerder sal jou kan leiding gee om die perfekte stresvrye troudag te hê en vir jou self stap-vir-stap deur alles help.   Van die tema en styl van die troudag, diensverskaffers, voorbeelde en op die dag van jou troudag help om alles te koördineer.

Help met ʼn beplanning tydlyn en sperdatums vir elke ding wat gedoen moet word vir jul troue.  Gewoonlik sal die koördineerder meeste van die diensverskaffers se skedules aanpas en ook sodoende kommunikasie reël tussen diensverskaffers en paartjies.  Koördineerders werk gewoonlik goed saam met venue bestuurders van venues.  Omdat elkeen hulle eie rol het en elemente het waarop hul fokus, help dit om iemand te gebruik wat bekend is met die venue waar jy trou.

Op die dag van jou troue sal ʼn trou koördineerder jou help om alles vlot te laat verloop en seker maak dinge gebeur op die tye wat dit moet gebeur.  Die koördineerder sal ook seker maak alle diensverskaffers is op tyd en dat alles opgestel is soos dit moet wees.

Party trou koördineerders kan jy jou tot in kontak sit met ʼn goeie reisagentskap indien jy jou wittebrood wil beplan.

Venue Bestuurder:


Die venue is die een plek waar gaste die meeste van hul tyd op jou troudag sal deurbring.  Dit is die een plek wat alles perfek moet wees.

Venue Bestuurders werk goed saam met koördineerders en speel net so ʼn belangrike rol, veral as dit kom by die venue en alles wat daarmee gepaar gaan.  ʼn Venue Bestuurder bied nie die volledige diens soos die van ʼn koördineerder nie.  Hulle fokus meer op die venue se bestuur en die diensverskaffers wat dienste lewer in betrekking tot die onthaal.

Die venue bestuurder help paartjies ook om hulle dag glad te laat verloop.  Maar hulle hoofdoel is om die skakel te wees tussen die bruidspaar of trou koördineerder  en die venue self.  Venue Bestuurders bied nie noodwendig die diens om seker te maak dat alle diensverskaffers gereël is en op die regte tyd opdaag nie.

Hulle maak seker dat alles van die venue se kant in orde is insluitende:

  • Dat alle opstel produkte uit die pad is en die venue skoon en gereed is wanneer gaste arriveer.
  • Seker maak dat alle diensverskaffers wat moes opstel gereed is voordat die gaste arriveer.
  • Kyk dat al die elemente wat deel vorm van die venue in plek is.
  • In kontak wees met die sjef vir spyseniering en seker wees dinge gebeur soos dit moet en op tyd.
  • ʼn Plan B hê, indien daar enige iets fout gaan by die venue.

Paartjies moet verstaan die venue bestuurder is nie jou persoonlike trou koördineerder nie.  As jy ʼn volledige beplanning kort en hulp jou jou troudag, huur eerder ʼn trou koördineerder.

Artikel Krediet: