Wederom Trou Venue in Robertson

Wederom is ʼn Trou Venue in Robertson – ʼn pragtige plaas in ʼn besonderse vallei.  Hier by Mooi Troues is ons verlief op die Robertson Vallei en dink dit is een van die oulikste plekke om jou troue te hou.  Wederom het sonder ʼn venue begin as ʼn ʼn wynkelder en ʼn groot trekker stoor, tot ʼn pragtige plaas trou venue!  Wederom beteken “Sien jou weer” in Hollands.  Definitief iets wat jy weer sal wil doen nadat jy hier getrou het.

As julle ʼn paartjie is wat besig is om ʼn trou venue te soek, dan is Wederom definitief ʼn opsie vir julle.  Robertson is slegs 160 km vanaf Kaapstad Internasionale lughawe, wat perfek is vir gaste wat van ver kom.  Dan is daar ook fantastiese verblyf in die area van gaste huise tot selfsorg eenhede – iets vir almal wat jou troue bywoon.  Besoek Wederom se Mooi Troues profiel vir meer inligting oor die venue en om hulle te kontak.

Wederom het ook ʼn boetiek kelder met ʼn reeks wyne wat op die plaas produseer word.  Paartjies het ook die geleentheid om van Wederom se wyne deel te maak van hulle trou dag.

Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met Wederom.

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Die storie agter Wederom:


Wederom was onder nuwe eienaarskap oorgeneem in 2017 deur die Meyer en Viljoen families.

As hegte en dinamiese families, was daar altyd ʼn droom van ʼn familiebesigheid waar elkeen hulle unieke en kreatiewe passies kon uitleef.  Na die plaas oorgeneem is, het een van die 4 dogters gevra of sy haar troue op die plaas kon hou.  Daar was nog nie ʼn venue om van te droom nie, slegs ʼn wynkelder en ʼn groot trekker stoor; en daaruit het die behoefte ontstaan om ʼn Trou venue in die ou trekker stoor te bou. Na die eerste ‘toetslopie’ troue gehou was, het die venue van krag tot kraag gegroei, en wou al meer paartjies die om geskepte skuur gebruik vir hulle bruilofsfeeste!  In 2018 was Wederom Trou Venue gestig, en het die ou trekker stoor ʼn splinternuwe voorkoms gekry met al die klokkies en kraletjies om dit in ʼn pragtige “plaas-sjiek” trou lokaal te omskep!

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in RobertsonWederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Wederom se naam:


Die naam “Wederom” het sy oorsprong in Hollands, waar dit beteken “Sien jou weer!”

Die betekenis is veral spesiaal op Wederom omdat ons vir baie van ons paartjies wat hier trou al herhaaldelik kon sien as gaste by volgende funksies wat op die plaas gehou word, en sommer gou deel van die Wederom familie word!

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Waar presies is Wederom geleë?


Wederom is in die hart van die Robertson Wyn vallei.  Die plaas en trou venue is omring deur wingerde en vrugteboorde, en in die agtergrond le die pragtige Langeberg berg-reeks.

Paartjies wat op Wederom trou, het die voordeel van die pragtige natuurskoon van die Boland, wat in elke seisoen ʼn ander tipe mooi bied.  Wederom se tuine is ook veral populêr vir troue seremonies, en het al selfs aan die Tuin van die Jaar kompetisie deelgeneem en weggestap met die eerste prys! Daar is dus NOOIT ʼn slegte tyd om ʼn troue te hou op Wederom nie!

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in RobertsonWederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Hoeveelheid gaste by die onthaal-lokaal:


Wederom kan tot en met 120 gaste akkommodeer in die saal, waar die dansvloer dan op die stoep gebruik word.  Indien die dansvloer binne in die saal is, kan 60 gaste akkommodeer word.

Verblyf:

Wederom se Hanepoot Huisies gastehuis kan tot en met 30 gaste akkommodeer.  Wanneer ʼn paartjie op Wederom trou, het die bruid en bruidegom, asook die gevolg, die gerief om sommer ook op die plaas reg te maak in die pragtige om geskepte bruidskamer.

Spyseniering:

Paartjies wat by Wederom trou, word die geleentheid gegun om hand-aan-hand met die spysenier/sjef te werk.  ʼn Keurige spyskaart word uitgewerk wat volgens die paartjie se smaak en begroting beplan is.  Van interessante en feestelike kos stalletjies tot gebakte Alaska; die opsies is eindeloos!

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Addisionele Dienste:


Wederom bied paartjies die geleentheid om van ʼn professionele trou beplanner se diens gebruik te maak.  Die beplanner sal ʼn pad met die bruidspaar stap en help om hulle verskaffers te werf, en die beplanningsproses so eenvoudig as moontlik te maak vir die bruidspaar.

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Hoekom moet paartjies by Wederom trou?


Wanneer ʼn paartjie van Wederom gebruik maak vir hul trou dag, sal hulle gemoedsrus kan hê dat hulle trou dag bestuur word deur ʼn span wat by niks stop om die beste diens te lewer vir elke paartjie nie.

Hulle sal kan ontspan en hulle troudag geniet sonder om te bekommer wat volgende moet gebeur.  Behalwe vir die uitstekende diens wat die bruidspaar sal beleef, sal paartjies nie net kan terugkyk na hulle troudag as ʼn pragtige dag vir hulle self nie, maar ook hulle gaste wat dit net soveel sal geniet soos hulle self.

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Wat is ingesluit en uitgesluit in die onthaal-lokaal huur?


Ingesluit in die lokaal-huur is die volgende:
  • Pragtige gemanikuurde tuine
  • 12 x hout tafels
  • Buite meubels (banke, vaatjies, sambrele)
  • Breekware
  • Personeel (kelners, kroegman, vloer-bestuurder en koördineerder)
Uitgesluit by die lokaal-huur is die volgende:
  • Stoele
  • Dekor
  • Klank
  • Blomme

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Boek jou troue by Wederom:


Indien Mooi Troues se lesers by Wederom wil bespreek, kan hulle ons kontak per e-pos.  Paartjies wat noem dat hulle ons gevind het op Mooi Troues se webblad sal ook outomaties kwalifiseer vir afslag op die huur fooi.  Jy kan ook hul webtuiste besoek vir tonne informasie.  Volg hulle op Facebook en Instagram om te sien wat die venue het om te bied.

Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson Wederom Trou Venue in Robertson

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers