Trou in Stellenbosch by 401 Rozendal

Trou in Stellenbosch by 401 Rozendal, geleë op ʼn prentjie mooi familie plaas in die Kaapse Wynlande.  By die moderne venue sal jy alles hê om jou troue ekstra spesiaal te maak.  Omring deur pragtige wingerde en berge.  Met uitsigte soos dit, kan jy nie verkeerd gaan nie.  Dit is nie net ʼn lieflike somer trou venue nie, maar ook vir winter troues.  401 Rozendal is slegs 40 minute weg vanaf Kaapstad Internasionale lughawe.  Hulle het ook fantastiese verblyf opsies op die plaas en ook in die omliggende gebied.

401 Rozendal het ook die jaar ʼn trou ekspo op 24 en 25 Oktober 2020 by hul venue vanaf 10:00 tot 16:00.  Daar gaan verskeie stalletjies wees van verskaffers in die industrie, sowel ook kos, koffie en drankies te koop met vermaak en n biertent.   Kaartjies sal beskikbaar wees by die venue en Quicket vir net R 50 per persoon met ʼn glas vonkelwyn ingesluit.  Hou 401 Rozendal se sosiale media dop!  Hulle het ook ʼn dames oggend in November, waar vroue by mekaar kan kom en kan saam kuier.  Daar gaan koffie, sap en koek bedien word.  Hulle gaan vir Andriëtte Norman as spesiale gas hê by die funksie. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by Quicket.

So as jy opsoek is na ʼn lieflike venue in die Stellenbosch wynlande, dan moet jy definitief 401 Rozendal besoek.  As jy nie ʼn wynland troue wil hê nie, besoek Mooi Troues se Trougids vir baie oulike opsies.  Geniet ons onderhoud met die span van 401 Rozendal hieronder.

affordable wedding venues stellenbosch

Die storie agter 401 Rozendal:


401 Rozendal plaas is al generasies lank deel van die Joubert familie. Van 1912 boer die Joubert familie op die plaas.  Die venue was ʼn ou wynkelder en stoor.  ʼn Stuk van die stoor se dak het in 2006 toe afgewaai en ons het toe besluit om te begin bou en te restoureer en die spasie te omskep in ‘n venue.  Ons het in 2008 begin bou, maar die ou stoor so gelos en net ʼn dak bo oor alles gebou om die geskiedenis van die venue te behou.  Die venue het in 2010 geopen as funksielokaal.

Dan die storie agter die plaas se naam kom van die “kaart” en “transport” (#401) en die groot rooibos wat op die plaas was vroeër.  Die funksielokaal naam is ‘n kombinasie van die “kaart” en “transport” (#401) en die plaasnaam.

affordable wedding venues stellenbosch

Ligging van 401 Rozendal:


401 Rozendal is geleë op ‘n eeue oue familie plaas waar ons met wingerd en sitrus op die plaas boer.  Ons is geleë op die Polkadraai pad, omtrent so 11 km weg vanaf Stellenbosch.  Die plaas is geleë teen die hange van die bottelary heuwels en is so ongeveer 15 km van die see soos die kraai vlieg.  Die gebied om ons is definitief plaas.  Ons het ‘n dam met ons eie mak ganse, die wingerde, die grasperk met die groot boom, die berge en die venue binne spreek ook van ‘n ou plaas stoor wat gerestoureerde is.

affordable wedding venues stellenbosch

Aantal gaste:


401 Rozendal venue was ʼn kelder in die vroeër jare en kan met gemak +- 130 sittende gaste binne en +-120 sittende gaste buite akkommodeer.  Die venue is verdeel in verskeie lokale.  Die dansvloer is gesellig saam met die kroeg area en ʼn heerlike kaggel vertrek waar gaste rustig kan kuier.  Ons unieke kapel in die solder van die venue is enige in sy soort.  Daar is ook ʼn groot stoep area en ons omgewing is van so aard dat ʼn paartjie buite op die groot gras area kan trou as ons Kaapse weer dit toelaat.  Die venue lê in die windskade van die Helderberg, wat veroorsaak dat ons nie baie Suid-ooste wind in die lente en somer kry nie.

Verblyf vir gaste:


Ja, ons het verblyf op die perseel.  Ons het luukse verblyf vir gaste wat nie lus is om terug te ry nie.  Elke selfsorg kothuise elk toegerus met n dubbelbed, klein kombuis area, ʼn binne-braai en ʼn pragtige uitsig oor die wingerde en berge.   Ons “breakaway house” bestaan uit 4 slaapkamers, oopplan kombuis, ʼn kuier area met ʼn swembad. Sekere van ons trou-pakkette sluit die woning in vir die bruid en bruidsgevolg.   Die huis is ook ideaal vir ʼn gesin wat wil kom vakansie hou vir ʼn week of twee.

affordable wedding venues stellenbosch affordable wedding venues stellenbosch

Spyseniering:


Hier by ons het ons ‘n kontrak met Two chefs wat al ons spyseniering doen by die venue.  Hulle het spyskaarte waarvan die paartjies kan kies, maar hulle kan definitief die spyskaart aanpas of ‘n nuwe spyskaart uitwerk om by die paartjie se smaak te pas.  Ons kan verskeie opsies doen soos n buffet ete, braai of vingeretes.  Hulle kan ook opsies verskaf vir alle dieet spesifikasies.  Die opsies is onophoudelik.  (Die paartjies kan kyk na R300 – R450 pp vir n 3 gang maaltyd)

Eie spyseniering:


Ons verkies dat paartjies ons sjefs gebruik, omdat hulle die kombuis en venue ken.  Indien daar ‘ n paartjie is wat Halaal of Kosher is kan die opsies altyd met ons bespreek word en ons kan kyk om hulle te akkommodeer.

affordable wedding venues stellenbosch

Watter ander dienste behalwe die onthaal-lokaal bied julle aan paartjies?


Ons het ʼn baie betroubare verskaffers soos Cape DJ’s and Cape Tents wat al ons strek-tente verskaf vir ons funksies en wat ons sal aanbeveel om musiek te maak by ons venue.   By 401 Rozendal maak ook ons eie wyn en vonkelwyn op die plaas wat ons dan verskaf by ons funksies.  Ons het ook ons eie dekor wat beskikbaar is om by ons te huur.

affordable wedding venues stellenbosch affordable wedding venues stellenbosch affordable wedding venues stellenbosch affordable wedding venues stellenbosch

Hoekom moet paartjies 401 Rozendal kies as hul trou venue?


Hier by ons is daar soveel verskeidenheid van opsies en moontlikhede.  Die venue is privaat en sal sorg vir ʼn baie spesiale dag vir die paartjie en die gaste.  Deur dat soveel opsies ingesluit is by die venue prys, maak dit dinge minder stresvol vir die paartjie, omdat ons vir alles wat ingesluit is sorg en maak die reëlings aan hulle kant minder. Ons het professionele en vriendelike kelners en personeel wat die aand vir die gaste so gerieflik as moontlik maak.  Ons gaan uit ons pad uit om die dag so spesiaal as moontlik te maak.

affordable wedding venues stellenbosch affordable wedding venues stellenbosch

Pakkette beskikbaar aan paartjies:


Ons het insluitende pakkette vir troues wat vir elke jaar klaar opgestel is wat beskikbaar is op ons webtuiste.  Ons het ook pakkette vir konferensies, jaareindfunksies en verjaarsdae wat beskikbaar is.  Indien ‘n paartjie nie die insluitende pakket wil gebruik nie, stel ons die opsie beskikbaar om ‘n pakket vir hulle uit te werk vir die behoeftes wat hulle doel pas maak.

In die venue huur se prys is die volgende ingesluit:


  • Venue gebruik vir 8 ure
  • Seremonie area met die hout bankies
  • Gebruik van die hele venue, grasperk en stoep area
  • Hele plaas is tot hulle beskikking om fotos te neem. Bv in die wingerde, tuin of by die dam.
  • Opstel van die tafels en stoele
  • Die dek van die glase, eetgerei en servette
  • Skoonmaak van die venue voor en na die tyd
  • Hout tafels vir tot en met 130 gaste
  • Wit bikini stoele vir tot en met 130 gaste
  • Standaard glase, eetgery en wit materiaal servette vir tot en met 130 gaste, maar waarvan ons meer kan in verhuur teen n additionele koste.
  • Ys
  • Baby Grand klavier
  • DJ boks met krag toevoer
  • X2 gasverwarmers
  • X2 waaiers
  • X5 sakke hout
  • X3 mandjies vir die hout
  • Badkamer geriewe soos seep, handdoeke, room ens.
  • Op die dag koordineering
  • X10 wynvate
  • Opstel en afbreek personeel
  • Diens personeel
  • Kroegman en kroegassistent
  • Bar runner
  • Karwag
  • Kos vir al die personeel
  • Kragopwekker (uitsluitend die brandstof)
  • Fairylight canopy
  • Akkommodasie vir tot en met 8 mense in die groot “Breakaway house” die aand voor en die aand van die troue.

Klink dit na jou tipe venue?  Kontak hul nou:


Hulle kan ons kontak by info@401rozendal.co.za of marketing@401rozendal.co.za waar hulle ʼn afspraak met ons kan skeduleer om na die venue te kom kyk.  Hulle kan dan ons informasie blad invul wanneer hulle die venue kom besoek.  Ons sal dan vir hulle ons pakkette aanstuur en indien hulle besluit om van ons gebruik te maak sal ons dan vir hulle die kontrak stuur.  Hulle kan dan ook ‘n datum aan ons noem wat ons dan vir hulle kan bespreek.  Hulle sal dan die kontrak moet teken en terug stuur.  50% deposito, sowel as ‘n R5000 deposito tov die spyseniering is nodig om hulle datum en bespreking te finaliseer.  Ons doen gratis “site viewings” indien enige iemand na die venue wil kom kyk.

Volg 401 Rozendal op Sosiale Media:


Volg 401 Rozendal op Facebook en Instagram.  Jy kan ook hul webtuiste besoek vir meer inligting.