Lourance & Claudia trou by Casablanca Manor

Lourance en Claudia het ‘n prentjie mooi troue gehad by Casablanca Manor, in Pretoria.  Die paartjie het ‘n sagte kleurpalet gebruik vir hul troue wat ‘n baie klassieke gevoel bied.  Lourance se troupak pas so mooi in by die bruid se pragtige vloeiende trourok.

Al die strooimeisies het prentjie mooi gelyk in hul sagte pienk strooimeisie-rokke.  Dit pas perfek in by die troue se kleurskema, dekor en die blom ontwerpe.  Casablanca Manor was een van die paartjie se gunsteling diensverskaffers vertel hulle.  Die pragtige venue is ‘n statige venue, geleë twintig minute buitekant Pretoria.  Hierdie venue het fantastiese opsies vir foto geleenthede wat dit ‘n groot aantrekking krag maak vir paartjies.  Dan praat ons nie eens van die venue se puik diens, mooi onthaal lokaal en heerlike spyseniering.

Lourance en Claudia het ‘n na Zanzibar gegaan vir hul wittebrood.  Zanzibar is die perfekte plek vir Suid-Afrikaanse paartjies om na te gaan vir wittebrood.  Opsoek na ‘n reis agent vir jou wittebrood, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet die paartjie se troue hieronder en lees meer oor hulle liefdesreis.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar in September 2015 ontmoet.  Ek het vanaf Port Elizabeth na Centurion getrek, het geen persoon geken en ook nie eintlik iets van hierdie volksvreemde plek geweet nie.  My ma het met een van haar kollegas gedeel dat ek getrek het en niemand ken nie, wat toe aangebied het om my saam te nooi vir ʼn braai saam met haar vriende met die intensie dat ek nuwe mense ontmoet en moontlik nuwe vriende, min wetend ek gaan by daardie einste braai die liefde van my lewe ontmoet!  Ons het daardie aand vlugtig gesels, maar hy het ʼn groot indruk op my gelos.

Die aand in my bed probeer ek hom “Facebook stalk” (haha) om net so ʼn bietjie meer uit te vind oor hom, maar met geen geluk nie.  Later die dag kry ek ʼn Facebook boodskap wat lees: “Hey Claudia, skuus ek het verdwyn gisteraand.  Ek gaan vanaand half 6 kerk toe as jy wil saam kom, dan kan ons as jy wil na dit koffie gaan drink.  Laat weet my asseblief”.  Ek was so opgewonde!!  So kom tel hy my toe op en soos hulle sê: ‘The rest is history”

Hy het my op 24 Desember 2017 gevra om te trou.  Dit was vir my so spesiaal.  My hele familie was teenwoordig toe hy op een knie afsak om die groot vraag te vra.  Hy het presies geweet hoe familie vas ek is en dit so mooi in ag geneem.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir ongeveer 16 maande verloof.  Ek en Lourance het besluit om ʼn rukkie verloof te wees, sodat ons die beplanningsproses kon geniet.  Ons was baie bevoorreg om saam met ons venue baie bekwame troubeplanners te kon saam kry.  Kobus en Johan van Casablanca Manor was so behulpsaam en het die proses net soveel vir ons vergemaklik.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Finansiële Aspekte:


Ons was bevoorreg dat ons ouers en grootouers ons kon help met die finansies van die troue.  Ons het voor ons enige iets gesoek of besluit het gaan kyk na wat ons begroting is.  Sodoende kon ons vir verskaffers binne ons begroting soek en was die proses makliker.  Ons algehele begroting was R160 000 vir 90 gaste.  Ons advies sal wees om vooraf te weet wat jou begroting is, sodat ʼn mens nie jou hart op iets sit wat nie noodwendig in jou begroting val nie.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manorcasablanca manorcasablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Paartjie se styl:


Ek was die dogtertjie wat as kind, haar ma se rokke aangetrek het as ʼn trourok en haar kantgordyn gebruik het as ʼn sluier.  So ek het na verskeie rok plekke gegaan om rokke te pas, maar het egter gesukkel om “die een” te vind.  Ek het by Whimsical Bridal ingestap en daar was hy: MY rok.  Uiteindelik het ek ʼn rok gekry wat alles het wat ek wou hê en soveel meer.  Ek het soos ʼn prinses gevoel!  Ek onthou so goed die eienaar het vir my gesê, “Jou rok het jou gekies Claudia”.

Lourance se pak was ʼn makliker keuse.  Ons het by Smart Guy ingestap, en hulle het dadelik geweet wat ons visie was in terme van ʼn tydlose, moderne gevoel.  Sy pak was letterlik die eerste een wat hy aangepas het!

Ek het besluit om my verloofring as my trouring te hou.  My ring was my droom ring en ek geniet hom te veel, om hom in te ruil of te verander.  Ons het Lourance se ring by Heide-Marie Juweliers in Centurion gekry.  Hy hou van eenvoud en dit het ook in sy keuse van ring reflekteer.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manorcasablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet die proses!  Gee julleself genoeg tyd om dit so moeiteloos as moontlik te maak.  Doen wat JULLE wil – dis julle dag!  “Don’t sweat the small stuff” – net julle weet wat julle beplan het.  Niemand gaan weet as julle blomme oorspronklik ʼn ander skakering pienk sou wees nie!  Na julle seremonie en foto’s – vat net so 5 of 10 minute – gaan kruip iewers weg en neem die oomblik in.  Die dag vlieg verby, so vat ʼn oomblik, haal diep asem en kom tot die realisering “Julle is getroud!!”  Daarna kan julle weer na julle gaste omsien.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manorcasablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Die Besluitnemingsproses:


Claudia het meeste van die navorsing gedoen.  Ons het saam gesit en die finale besluit uit die verskeie opsies geneem.  Ons Ma’s was ʼn ongelooflike groot hulp aan ons gewees in die proses.  Hulle het al ons idees gevat en baie ure, dae en weke ingesit om die verskeie items te maak en alles in hulle vermoë gedoen, om ons ons droom dag te kon gee.  Ons ouers het saam met ons na die venues gaan kyk en ons ma’s was saam met my na al die trou uitstallings gewees om te help soek na idees en verskaffers.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Venue & Dekor:


Ons het na vele trou-uitstallings gegaan om idees te kry en ons was by verskeie trou plekke om seker te maak oor of wat ons sien ooreenstem met ons visie vir ons spesiaalste dag.

Ons het by Casablanca Manor ingestap en net geweet, HIER wil ons trou.  Dit is presies wat ons wou hê: klassiek, tog modern, pragtige tuine, pragtige Kapel, Onthaalarea en om elke hoekie is daar iets nuuts en interessant wat hierdie plek vir ons pragtig gemaak het.  Die finale koeël deur die kerk was die gasvryheid en warmheid van die eienaars en die personeel.  Ons was mal daaroor en het dadelik bespreek!

Inspirasie het ons van alle kante af getref, met verskeie idees vanaf platforms soos Pinterest en Facebook maar ook idees waaraan ons self gedink het.  Ons het alles tot die beste van ons vermoë geïnkorporeer met mekaar. Dit was soos om ʼn groot legkaart te bou maar jou stukkies is so effe deurmekaar met nog ʼn legkaart wat soortgelyk lyk.  Die stukkies pas miskien mooi, maar dit pas nie 100% inmekaar nie.  Dan probeer ʼn mens weer ʼn ander stukkie tot jou legkaart perfek voltooi is.

Ons styl was romanties, klassiek, stylvol en tydloos.  Die hoof kleure was wit, vlootblou en bloos.  Al ons blomme was meestal wit met pienk blomme hier en daar vir kleur en dan groenigheid om die ligte kleure ʼn bietjie te breek.

casablanca manorcasablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is vir ons baie moeilik om ‘n “gunsteling” diensverskaffer uit te wys, aangesien al ons diensverskaffers ons so op die hande gedra het, maar as ek een sou moes uitwys sal dit sekerlik Casablanca Manor wees.  Ons het nie ʼn vinger gelig om ons venue mooi te maak of reg te kry nie.  Hulle het dit vir ons so maklik gemaak en ons kon ons dag en die verloop tot die troue ten volle geniet!

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Vermaak:


Ons het AMA Promotions as ons platejoggie gehad en dit was ʼn baie goeie besluit.  Jonk en oud was permanent op die dansvloer en alles het seepglad verloop.

Ons verwelkomingsdrankies was Gin met verskeie variasies en dan ook eethappies voor die onthaal begin het.  Ons het by die onthaal self ʼn wyntafel gehad, waar gaste hulle keuse van wyne kon geniet.

casablanca manor casablanca manor

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Caroline-Grace se Eindelose Liefde.  Ek en Lourance het een aand gebraai toe hierdie liedjie opkom.  Daarna het ons na die woorde geluister, vir mekaar gekyk en sommer geweet dit gaan ons liedjie wees.  Gelukkig vir my het Lourance ongelooflike ritme en kon ek hom net volg sonder enige danslesse.

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Wittebrood:


Ons was baie bevoorreg dat ons broer en suster vir ons ʼn alle kostes ingesluit pakket na Zanzibar as trougeskenk gegee het.  Dit was die ongelooflikste vakansie ooit!

casablanca manor casablanca manor casablanca manor casablanca manor

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers