Beproefde resep vir romanse by Blowfish Restaurant

Blowfish Restaurant bied ‘n manjifieke venue met watertand seekos, sushi.  Dié venue het asemrowende uitsigte wat dit perfek maak vir ‘n strandtroue in Kaapstad.  Geniet ongerepte strand en uitsigte van Tafelberg terwyl u smul aan van die varste sushi en seekos in die Kaap.  Herinneringe van julle spesiale dag – en die mooiste troufoto’s – is gewaarborg.

Die kundige span van Blowfish sal vir julle ‘n onvergeetlike dag skep. Hetsy dit ‘n intieme geleentheid of ‘n grootskaalse viering van tot 150 gaste moet wees.  Alle beplanning en reëlings, tot op die fynste detail, sal deur die span hanteer word.  So kan julle net op die feesvieringe saam met vriende en familie kan fokus.  As bonus sal die bruidspaar ‘n gratis een-nag verblyf in die wittebroodsuite van Dolphin Beach Hotel kry.

Die bruidspaar kan kies uit ‘n verskeidenheid trou-spyskaarte – van À la carte tot buffet  – alles deel van Blowfish se uitstekende seekos, sushi en vleis geregte.  Julle kan ook, in oorleg met die span en sjef, julle eie spyskaart ontwerp. 

Daar is verskillende venue keuses by Blowfish – beslis een wat sakpas is vir julle begroting.  Kontak Blowfish vir meer inligting oor hoe ons julle spesiale dag onvergeetlik kan maak.   

Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant
Kontak Blowfish Restaurant:


Besoek Blowfish Restaurant se webtuiste, stuur hulle ‘n e-pos of kontak hulle by 021 556 5464.  Volg hulle op Facebook en Instagram vir daaglikse inspirasie. 

Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant Seafood Sushi And Drinks At Blowfish Restaurant

Artikel Krediet:

  • Teks:  Blowfish Restaurant
  • Foto’s:  Verskaf deur Blowfish Restaurant