Clyde & Astrid se elegante troue by Groenrivier

Clyde en Astrid kon nie gelukkiger lyk op hulle elegante troue by Groenrivier Function Centre in Riebeek-Wes nie.  Hulle het al die beplanning self behartig en ook die stilering van die venue self gedoen.  Clyde en Astrid het geweet wat hulle wou hê en kon danksy deeglike beplanning en navorsing ‘n reuse sukses van hul groot dag maak, sonder om ‘n arm en ‘n been te betaal.  Hulle het ‘n pragtige troue gehad met net die regte hoeveelheid kleur, elegansie en rustieke elemente.

Rol af om na Clyde & Astrid se elegante troue by Groenrivier te kyk.

blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani blue by enzoani

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons troudatum was Saterdag 23 Maart 2019.  Ek (Astrid) was 28 en Clyde  was 30 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het in Maart 2013 ontmoet.  Ek het by ABSA Bank ingestap toe Clyde se oog my vang.  Hy het so lank na my gestaar dat die klerk hom later gevra het of hy my ken!  Daarna het hy my naam gevra en ons het ‘n paar maande op Facebook gesels.  Ons het op ‘n Sushi afspraak gegaan en dit was die begin van ‘n wonderlike avontuur!

Clyde het op 28 Oktober 2017, met die hulp van my niggie, by Crystal Towers my gevra om sy vrou te wees.

groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Na ure van bruidsboeke deurblaai, Pinterest borde kyk en aanpas sessies by verskillende boetieks, het ek uiteindelik my droomrok by The Wedding Boutique in Kaapstad gevind.  Die rok het my absoluut soos ‘n prinses laat voel!  Ek het dadelik geweet dit is dié rok.

groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centregroenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir ons albei was die mees merkwaardigste oomblik toe ons mekaar die eerste keer in die kapel sien.  Ek moes my bes probeer om nie al my grimering af te huil nie!  Nadat ons predikant ons as Mnr. & Mev. voorgestel het, het ons albei kalmte in ons harte gehad dat ons die regte besluit geneem het.

Ons sal niks van ons troudag wil verander nie.  Die dag was vir ons perfek!

groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre Kuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre Kuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Vertel ons meer van jul ringe.


My ring is vir my ongelooflik spesiaal.  Clyde het dit spesiaal vir my by Shimasky laat maak.  Dit is ‘n “My Girl” diamant snit.  Ek was so verlief daarop dat ek besluit het om net ‘n pant by te kry vir die troue.

Clyde wou iets anders as die gewone witgoud pant hê.  Hy het besluit om ‘n Zirconium ring te neem – dit pas hom só goed!

groenrivier function centre Kuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centregroenrivier function centre blue by enzoani groenrivier function centre groenrivier function centre

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Die fotograaf van ons troudag was vir ons baie belangrik.  Ons het deeglike navorsing gedoen voordat ons ‘n finale keuse gemaak het.  Toe ons op Kusjka du Plessis se werk afgekom het, was ons onmiddellik verlief.  Haar werk is asemrowend en haar sprankelende gees gee jou sommer lus om te glimlag!  Sy het ons so gemaklik laat voel en het elke oomblik van ons dag só mooi vasgevang.

groenrivier function centre blue by enzoaniKuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre Kuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons wittebrood was in Phuket, Thailand.  Dit was die mees opwindendste ervaring ooit!  Wat dit nóg beter gemaak het, was om dit met mekaar te deel.  Ons het die tyd van ons lewe gehad!  Ons het elke dag op toere gegaan om verskillende eilande te besoek en vreemde kosse te probeer.  Dit was ‘n ongelooflike ervaring en ons sal dit vir altyd koester.

groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Advies vir die dames: Probeer om alles wat jy wil hê neer te skryf en af te merk sodra dit afgehandel is.  Jy gaan nie altyd alles spesifiek kry soos jy dit wil hê nie, so wees oop vir verandering.  Indien iets verkeerd loop op jul troudag, gaan aan asof niks gebeur het nie – niemand anders weet nie!

Advies vir die manne: Betrek jouself by die reëlings van die troue; Dit sal vir jou bruid baie beteken.  Probeer om al die beplanning ‘n geruime tyd voor die troue uit te sorteer sodat julle nie dae voor die troue hoef rond te hardloop nie.  Die belangrikste is om die dag te geniet en alles in te neem – dit gaan só vinnig verby!

groenrivier function centre blue by enzoani Kuskja du Plessis

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons wou ‘n gemaklike, tog stylvolle venue hê.  Groenrivier was presies wat ons ingedagte gehad het.  Ons gaste kan nie uitgepraat raak oor die pragtige buite kapel, groenigheid van die tuine en huislike gevoel van die venue nie.

In terme van dekor het ons die minimalistiese roete gekies.  Daar was baie kerse om ‘n romantiese atmosfeer te skep.  Die “feetjie-liggies” het ook bygedra tot die romantiese atmosfeer.  Ons het alles self gehuur en my ma het die venue opgemaak.

groenrivier function centre wedding cakegroenrivier function centrewedding cake groenrivier function centre

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie vooraf ‘n begroting opgestel nie.  Ons het deeglik navorsing gedoen en al ons opsies oorweeg voordat ons finale besluite geneem het.  Daar was 126 gaste by ons troue.

groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre groenrivier function centre

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans liedjie was “Thousand Years” van Christiana Perri.  Die woorde van die liedjie is so mooi en spesiaal.   Ons het ‘n paar keer ons eerste dans geoefen.  Die oefeninge vooraf het ons sommer van voor af verlief gemaak en opgewondenheid vir die groot dag in ons aangewakker!

Kuskja du Plessis groenrivier function centre groenrivier function centre

Diensverskaffers