Wit Winter Bos by Casablanca Manor

Kobus en Lynn van Casablanca Manor het met die Wit Winter Bos gestileerde trou inspirasie opgekom om bruide te wys hoe sprokies mooi ‘n Winter troue kan wees by hul trou venue in Pretoria.  Hulle het ‘n paar van Mooi Troues se diensverskaffers gebruik.  Klik hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan kyk vir betroubare trou diensverskaffers

Foto’s was geneem deur betroubare troufotograaf, Deon Coetzee Photography.  Mooi Troues se lesers sal sy kreatiewe aansig op fotografie hieronder kan sien.

Die troukoek was gebak en versier deur La Moraine Cakes.  Ons weet sommer die koek was net so lekker soos wat dit mooi was.

By Mooi Troues is ons ongewonde om met ons lesers die sprokies wêreld gestileerde trou inspirasie propvol oulike trou idees te deel met julle.  Rol af en geniet die gestileerde fotosessie.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Wie het die fotosessie gereël?


Die Wit Winter Woud fotosessie is deur Kobus en Lynn Vermaak, van Casablanca Manor gereël.  Hulle het ‘n kreatiewe span van talentvolle, betroubare verskaffers bymekaar gekry om die Wit Winter Woud liefdes storie uit te beeld.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Inspirasie vir die fotosessie?


Inspirasie vir die fotosessie was ‘n kombinasie van die elemente van Winter, Sneeu, Woud en Wit, wat saamgebring is binne ‘n tema wat beide romanties en eteries is, met ‘n agtergrond van ‘n woudagtige gevoel. Hulle wou die gevoel van die winter woud binne na die kapel toe neem.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Hulle is ‘n span van kreatiewe en talentvolle mense wat ‘n passie het om ‘n liefdesverhaal uit te beeld deur hulle talent en liefde vir troues, dekor en foto.

Gina, die model het pragtig en elegant gelyk en perfek ingeskakel by die bos-agtergrond wat geskep was in die kapel.

Die rok wat spesiaal gemaak was deur Heloise, was elegant, stylvol en vroulik.  Let ook op die mooi afwerkings op die rok se bo-stuk wat elke bruid fyn en vroulik sal laat voel.  Ursula van die “Art of Silver” het die diamant halssnoer en kandelaar oorbelle en armband verskaf.

Die bruidsruiker was ongestruktureerd, met wit blare, takke, en sag groenigheid wat gelyk asof sneeu daarop geval het.

Die dekor het gefokus om wit takke, baie liggies, en baie kerse, met groenigheid wat wit gemaak was, soos blare met sneeu daarop.

Vir hierdie fotosessie wou ons ‘n woud gevoel skep met ‘n element van betowering wat net in die woud te vind is.  Lynette van “The Travelling Piano Lady” het haar wit Baba Vleuelklavier opgestel in die kapel, om die prentjie te voltooi.

Die koek was gemaak uit wit versiering en is pragtig afgewerk met die mooiste, elegante wit blomme wat rondom die koek afgeloop het.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Agter die skerms inligting


Geen probleme het opgespring…

Net ‘n bewondering van hoe ‘n mens deur n eenvoudige, elegante styl na ‘n ander wêreld geneem kan word.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Toe dit begin sous met reën en hael.  Die hael het die gras bedek en het soos sneeu gelyk.  Dit het gevoel asof ons omhels is deur die einste ‘Wit Winter’.   Toe kom die mooiste sonskyn en reënboog uit wat alles ‘n sprankelende gevoel gegee het.  Dit was asemrowend!

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue wedding cakes Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Ons wou vir bruidspare wys dat ‘n mens wel in die winter kan trou.  Dat ‘n mooi romantiese en betowerende gevoel geskep kan word met eenvoud en styl.  Wit takke, met baie liggies en kerse, gee ‘n winter troue ‘n sagte, maar asemrowende gevoel asof jy in ‘n ander wêreld is.  Die styl kan geskep word sonder blomme, en net met wit takke, baie liggies, kerse en groenigheid wat wit geverf is.

Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue Casablanca Manor Wedding, Function and Conference Venue

Diensverskaffers: