Hoe om jou trou fotograaf te kies?

Om die regte trou fotograaf te vind is nie speletjies nie.  Dit verg baie navorsing om ‘n trou fotograaf te vind wat vir julle as ‘n paartjie sal werk.  Jou trou fotograaf is een van die mees belangrikste elemente van jou troudag.  Daar sal nie weer ‘n geleentheid wees om jou trou foto’s oor te doen indien dit nie reg is nie.  Klik hier om ons trougids te besoek met betroubare fotograwe wat ons aanbeveel.

Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n professionele fotograaf en iemand met die ‘n professionele kamera.  Die beste lense en kamera beteken nie dat hulle kan fantastiese foto’s neem nie.  Moet nie laat jou oom/tannie/niggie of nefie jou troue afneem as geskenk nie.  Maak seker jy weet wie jy kies om jou troue af te neem, is in staat om die beste foto’s vir jou kan gee.  Foto’s wat professioneel is en van ‘n hoë kwaliteit is.

Hierdie artikel is ‘n lang artikel, maar jy kry baie detail en bestaan uit drie hoof dele.  Die keuring proses.  Stappe nadat jy besluit het op ‘n fotograaf.  Dan wat om te doen op die dag van jou troue.  Geniet dit en deel dit met graagte met jou familie en vriende.

Die keuring proses:

Portefeulje:

Kyk na die fotograaf se portefeulje aanlyn.  As jy van die fotograaf se styl hou en kwaliteit van werk, maak ‘n afspraak met die fotograaf.  Kyk deeglik na die fotograaf se gedrukte portefeulje.  Dit help nie die fotograaf se werk aanlyn is buite die wêreld nie, maar hy/sy gedrukte portefeulje val uit mekaar nie.  Verskillende fotograwe het verskillende style.  So maak seker die fotograaf wat jy kies is die tiepe styl waarna jy opsoek is.  Dit help nie die prys is in jou begroting, maar jy hou nie van die spesifieke fotograaf se styl van neem nie.

Ondervinding:

Maak seker die trou fotograaf het genoeg ondervinding en doen dit al lank genoeg as hoof fotograaf voordat hy/sy jou troue kom afneem.  As jy nie ‘n groot begroting het nie, dan sal die fotograaf se ondervinding ook nie baie goed wees nie.  Om ‘n troue af te neem is nie kinder speletjies nie!  Dit verg baie tegniese en ook praktiese aspekte om die perfekte oomblik vas te vang sonder enige probleme.   Klein dinge soos ‘n fotograaf se ekstra toerusting wat professionele fotograwe gewoonlik gebruik, indien iets fout gaan op jou troudag soos ‘n kamera wat val.

Begroting:

Trou fotograwe is nie goedkoop nie.  Dit is ‘n belegging en hulle vang jou troudag vas in foto’s wat jy vir die res van jou lewe sal hou.  Maak seker jy hou tussen R 16 000 en R 50 000 uit vir ‘n goeie trou fotograaf.  Daar is verskillende vlakke waarin fotograwe kan verdeel word vanaf beginners, deeltydse professioneel, professioneel en dan top professioneel.  Fotograwe is nie net duur omdat hulle die pryse uit hulle duim suig nie.  As jy ‘n luukse motor wil ry, gaan jy ‘n duurder prys moet betaal en dit is dieselfde met fotograwe.  Professionele fotograwe het baie uitgawes soos professionele kamera en beligting toerusting, bemarking-, webtuiste-, personeel-, rekenaar, petrol …

Die lys gaan aan en dit is alles net besigheid onkostes.  Ons het nog nie by winste en persoonlike uitgawes gekom nie.  Baie mense verstaan nie hoe ‘n fotograaf hulle drie maande se salaris in een dag kan maak nie.  Dit is nie heeltemal waar nie, want die dag van jou troue is slegs ‘n klein deel van die fotograaf se werk.  Daar is nog baie stappe waardeur die foto’s moet gaan voordat dit by jou afgelewer word.

Fotograaf se kontrak:

Dit is belangrik dat jy die inhoud van die fotograaf se kontrak verstaan.  Aas jy iets nie verstaan nie, vra die fotograaf om dit te verduidelik per e-pos.  Moet asseblief nie kontrak vrae en besonderhede per telefoon doen nie, hou dit by skriftelik.

Kyk na die fotograaf se kopiereg klousule.  Of die fotograaf die eienaar bly van die foto’s se kopiereg en watter regte oorgedra word na jou as die kliënt.

Lees ook oor die deposito klousule en wat presies die fotograaf benodig om die datum vir jou te bevestig sonder enige probleme.

Maak seker dat die fotograaf wel self hom/haar werk afneem en nie iemand anders onder die fotograaf se naam laat skiet nie.

Indien die fotograaf nie ‘n kontrak het nie, vrae die fotograaf vir een.  Dit is belangrik om ‘n ooreenkoms te hê vir enige besigheids transaksie.

Verstaan wat jy voor betaal:

  • Maak seker jy verstaan presies wat die fotograaf se pakket insluit.  Lees dit weer en as jy nogsteeds nie seker is nie.  Vra die fotograaf per e-pos om die pakket te verduidelik.
  • Kyk hoeveel ure die pakket wat jy boek insluit.
  • Vra of die fotograaf met of sonder ‘n assistent werk?
  • Sluit jou pakket een of twee fotograwe in?  Indien twee, vra wie is die ander fotograaf en wat hy/sy sal afneem?
  • Hoeveel foto’s sluit die pakket in?
  • Wat is die onkostes indien die fotograaf langer moet bly op die dag van jou troue?
  • Kan jy die fotograaf op die dag in kennis stel dat hy/sy langer moet bly by die troue?
  • Hoeveel reis kostes is ingesluit in die pakket?  Wat kos addisionele reis kostes?

Jy moet gemaklik voel met jou trou fotograaf:

Die fotograaf is seker die enigste persoon wat die heeldag in jou teenwoordigheid gaan wees.  Jy moet goed oor die weg kan kom met jou keuse van fotograaf.  Maak seker jy en die fotograaf kan praat en met mekaar kommunikeer. Moet nooit ‘n ‘ek is die baas’ teenoor ‘n fotograaf wees nie.  Dit maak dit baie moeilik vir die fotograaf om met jou te kan werk.

Wees eerlik en wees jouself by julle ontmoeting.  So kan julle as paartjie en die fotograaf weet of julle vir mekaar bedoel is en oor die weg sal kom.  Onthou jy spandeer seker 90 persent van jou trou dag met jou man/vrou en dan die fotograaf.

Maak seker dat jy soveel tyd saam met die persoon wat jy kies kan spandeer sonder om geïrriteerd te word, want dit sal jou foto’s beïnvloed.

Nadat jy besluit het op ‘n fotograaf:

Stuur ‘n lys van spesifieke foto’s wat jy benodig:

Fotograwe hou daarvan om te weet watter groepe mense op gefokus te word by jou troudag.  Stuur ‘n lys van groep foto’s aan jou fotograaf.  Maak seker jy kry iemand wat almal ken. Wat in beheer van die lys is op die dag van die troue.   Die fotograaf ken nie jou gaste nie en dit is ook nie die fotograaf se verantwoordelikheid om jou gaste te bestuur nie.

Lig jou fotograaf onmiddellik in as daar enige iets verander:

As daar enige iets verander aan die uitleg van die dag of ‘n fisiese verandering soos venue, onthaal, plek waar julle aantrek ens.  Laat weet die fotograaf onmiddellik!  Dit help die fotograaf om sy/haar skedule vir die dag ook so aan te pas.

Stuur alle adresse en telefoon nommers aan jou fotograaf:

Dit is baie belangrik dat die fotograaf jou op die dag van jou troue in die hande kan kry.  Maak seker jy gee telefoon nommers van mense wat by jou sal wees op die dag, indien die fotograaf jou dringend in die hande moet kry.

Vra advies vanaf jou fotograaf voor jy jou tydlyn bevestig met ander diensverskaffers:

Fotograwe weet watter tiepe sonlig hulle benodig vir die beste foto’s.  Maak die fotograaf deel van jou tydlyn beplanning.  Jou fotograaf sal sê indien die lig te skerp of te flou gaan wees vir die fotosessie.

Stuur die finale tydlyn aan jou fotograaf:

Maak seker as jy die tydlyn gefinaliseer het, dat jy dit aan die fotograaf stuur.  Tyd is ‘n baie belangrike faktor vir ‘n trou fotograaf.

Op die dag van jou troue:

Vrae gaste om die fotograaf spasie te gee:

Maak seker die priester/dominee kondig af tydens die begin van die kerkdiens nog voor die bruid inloop dat alle selfone, iPad’s en ander kameras uit die fotograaf se pad moet wees.  Dit beteken geen foto’s in die gangetjie nie!  Dit kan rerig jou spesiale dag en die mooiste foto’s bederf.

Reël kos vir die fotograaf:

Probeer die fotograaf en sy/haar assistent se kos na aan eerste te gee indien moontlik.  Anders gaan hy/sy nog eet terwyl julle begin met toesprake of dans.  Laat die fotograaf in die onthaal lokaal sit by ‘n tafel.  Moet nie dat jou fotograaf iewers in ‘n donker gang sit waar hy/sy niks kan sien wat aangaan nie.

Asseblief laat die venue vir jou fotograaf en sy/haar assistent die selfde kos bedien as vir jou gaste.  Daar is niks so lelik as jy nie genoeg respek het vir jou diensverskaffers nie.  Jou fotograaf kan nie juis vinnig na ‘n restaurant gaan om iets self te koop nie.  Hy/Sy is daar om jou troue af te neem.

Vermaak gaste terwyl jy besig is met jou fotosessie:

Kry iets vir jou gaste om te doen gedurende julle fotosessie. Gaste raak moeg en geïrriteerd as hulle moet wag.  Moet nie die fotograaf aanjaag nie, dit sal hom/haar stres en dan gaan jy ‘n af-gejaagde produk kry.

Reël iemand vir jou handsak en om goedjies vas te hou gedurende die fotosessie:

Die fotograaf en sy/haar assistent is daar om die fotograaf te assisteer.  Hy/Sy is nie die bruidspaar se assistent om handsakke, grimering, skoene, sonbrille en wat ookal anders vas te hou nie.  Maak seker jy neem een persoon saam wat dit kan doen.

Maak seker die onthaal het genoeg lig.

Kerse is mooi, maar dit is nie lig nie.  Dit lyk baie oulik op foto’s.  Ons praat van genoeg lig sodat die fotograaf ‘n mooi foto kan kry.  Sonder dat dit lyk asof die fotograaf slegs ‘n kamera-flits moes gebruik.  Hoe meer lig daar is, hoe meer natuurlik kom jou foto’s uit.

Artikel Krediet:

  • Teks:  Mooi Troues
  • Fotografie:  Pexels