Wen ‘n R 5000 kroeg rekening by Old Mac Daddy

Een gelukkige paartjie staan die kans om ‘n R 5 000 kroeg rekening by Old Mac Daddy te wen. Mits jy daar trou tussen Mei 2019 en Desember 2021.  Klink ‘n betowerende, een van sy soort, droom bestemming troue aanloklik?  Dan moet jy nie verder te soek as Elgin se Old Mac Daddy Trailer Park nie.  Die venue is gebaseer in Elgin, slegs ‘n uur se ry vanaf Kaapstad.

Old Mac Daddy is geleë tussen die Appelboorde en die Denne teen die hange van die Elginvallei.  ‘n Pragtige grasperk langs die meer is perfek vir ‘n seremonie.  Ons binnenshuise skuur spog met ‘n ruim restaurant. Die restaurant het ingeboude kroeg, sitkamer, swembad dek en uitgebreide uitsigte oor die vallei.  Ontspan, spontaniteit en alles oor vriende, kan Old Mac Daddy ‘n troue aanbied vir tot 100 gaste.  Daar is akkommodasie vir tot 44 oornag gaste in ons uniek tema sleepwaens; Glans tente en villa’s en vit nog 18 gaste op dagbeddens in sekere sleepwaens.   

As dit vir jou na die perfekte trou venue klink en jy wil R 5000 spaar op jou kroeg rekening, dan moet jy onder inskryf vir die kompetisie. 

 

KOMPETISIE GESLUIT

DCIM100MEDIADJI_0006.JPG

Termes en Bepalings:


  • Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie.  Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie. Dit is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  • Inskrywings sluit 15 Mei 2019.  Die wenner sal teen 20 Mei 2019 bekend gestel word op die webblad.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Indien jy wen, kan die prys nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.  Dit kan ook nie oorgedra word na enige ander persoon of paartjie toe nie.
  • Die prys is slegs geldig vanaf Mei 2019 tot en met Desember 2021.  Dit is slegs vir troues wat geboek en op datum betaal is by Old Mac Daddy.
  • Alle addisionele kroeg kostes bo die prys se waarde sal vir die kliënt se eie rekening wees.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder.  Dit kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie. Dit sluit in as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak.
  • Die kompetisie is ook onderhewig aan die adverteerder se eie Termes en Bepalings.  Kontak die adverteerder direk vir hulle Termes en Bepalings.

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur Old Mac Daddy.
  • Fotograwe:  Thunder & Love en Kegan