Emile & Shani se troudag

Ons by Mooi Troues deel met ons lesers nóg ‘n pragtige troue wat deur die talentvolle Snowflake Photography afgeneem was.  Emile en Shani komplimenteer ook Karla dat sy hul so gemaklik laat voel het tydens die fotosessie.  Ons by Mooi Troues lê altyd klem daarop dat paartjies baie gemaklik met hul fotograwe oor die weg kan kom en dié resultaat sal wonderlik wees.  Die paartjie vertel dat die finale produk alles en nog meer was as wat hul oorspronklik verwag het.  Geniet die foto’s onder en onthou om met Karla van Snowflake Photgraphy kontak te maak.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het by die werk ontmoet en na ‘n vriend se verjaarsdag partytjie begin uitgaan.  Hy het my gevra om te trou op ‘n vakansie in Mauritius.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het na Diaan Daniels gegaan opsoek na hulp met my trourok omdat ek swanger is en dit moeilik is om die rok grootte vas te stel.  Hy het die rok spesiaal aangepas om plek te maak vir my maag.

Vertel ons meer van jul ringe.


My ring is gebaseer op ‘n elf ring wat Emile spesiaal laat maak het.  Emile se ring was ‘n belofte ring wat ek lank terug vir hom gegee het.  Hy wou nie ‘n ander ring hê nie.  Albei ons ringe het ‘n spesiale boodskap in gegraveer.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograwe van Snowflake Photography was die mees interessante mense wat ons so gemaklik laat voel het en heeltyd maak lag het.  Die foto’s het ons omgeslaan en die kwaliteit is ver bo verwagting.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste oomblik van die dag was die reën terwyl ons in die kerk ons beloftes gemaak het en die oop lug net toe ons uit die kerk stap.  Dit was ‘n seën op ons huwelik.  Ek wens ons kon die wêreld se mense daar hê om die oomblik met ons te deel.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het na so baie venues gaan kyk en Toadbury se unieke kerk en eksklusiewe gebruik het ons oortuig.  Hulle het ook die mees talentvolle koördineerder Melissa wat absoluut alles vir my gedoen het.  Emile se gunsteling blom is Proteas, so die kleure het inspirasie getrek daarvan.

Vertel ons meer oor jul eerste dans?


Met my 7 maande swanger lyf was die dans iets wat ons moes oefen.  Arme Emile moes ver strek om plek te maak tussen ons.  Die liedjie ‘I want to live with you’ is simbolies vir al die moeilike tye wat ons saam gestaan het en altyd saam sal wees.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons kon nie ver gaan vir wittebrood nie, so ons het na ons strandhuis in Natal gegaan en net ontspan.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n begroting gehad nie wat aan die einde ons baie gekos het R300 000.  Die duurste was die ringe en my rok.  Ons het 60 gaste onthaal en net baie naby vriende en familie genooi.  Dit was moeilik om die lys af te bring van 200 af.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies aan die bruide is om die bruidegom in te sluit in alle besluite en elke oomblik te geniet.

Advies aan die bruidegom is kies die regte vrou … 🙂

Diensverskaffers: