Marc & Marucelle se Bloubergstrand verlowing fotosessie

Ons deel dié ongelooflike mooi verlowing fotosessie van Marc en Marucelle wat verewige herinneringe vasgevang.  Die paartjie vertel dat die fotograwe, Ruberns Fotografie, werklik wonderlik was en het alles gereël van die sjampanje op die verlowing tot die ligging van die fotosessie.  Die ligging van dié verlowing fotosessie is op Bloubergstrand met die son wat sak agter Tafelberg.  Só romanties.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het deur ‘n gesamentlike vriend ontmoet, daar was onmiddellik ‘n vonk tussen ons.  Die volgende dag is ons op ons eerste afspraak en ‘n week later, op ons tweede afspraak het ons mekaar se ouers ontmoet.  Dit was van die begin af die ware Jacob(s).

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons verlowing was perfek, Marucelle is veras met ”n avontuur kaap toe, daar was n klein groepie mense wat gehelp het om dit spesiaal te maak en my verrassing ”n geheim te hou.  Op Blouberg strand met sonsondergang, was daar n piekniek gereed met honderde liggies, Tafelberg in die agtergrond en die fotograaf wat agter die duin weg kruip om die spesiale oomblik vir ons af te neem.  Sy het ja gesê en dit was vir ons altwee ‘n droom wat waar geword het.  Ons voel baie bevoorreg om ons verlowings fotosessie op ons verlowings naweek te kon doen.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ek wou graag hê die verlowing moet intiem en romanties wees daarom het ek besluit op ‘n piekniek op die strand.  Nog nooit het iemand vir Marucelle ‘n ordentlike verassing gereël sonder dat sy agter die kap van die byl kom nie, so dit was belangrik dat sy niks weet nie. Sy was nooit spesifiek gewees oor wat sy wil hê vir n verlowing nie, maar ek’t geweet watter details vir haar belangrik is.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons droomtroue is n feesviering saam die mens waarvoor ons lief is.  Ons wil graag n stedelike industriële styl troue hê.  Met min formaliteite en baie lag en liefde.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: