Slapende Skoonheid fotosessie by The Hertford Country House

Elke bruid wil haar troudag as ‘n sprokies dag hê en die fotosessie hieronder is geïnspireer deur ‘n wel bekende sprokies verhaal, Slapende Skoonheid en die sjarmante Prins.  Die fotosessie het plaasgevind by The Hertford Country House en soos ons in die fotos kan sien kan enige droom sprokie troue daar gehou word.  Lees meer oor die gestileerde fotosessie en geniet die fotos onder by The Hertford Country House.

wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations

Inspirasie agter die fotosessie?


Slapende Skoonheid was die inspirasie vir die fotosessie.

wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirationswedding inspirations wedding inspirations

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotograaf, Celeste Cilliers van Celeste Cilliers Photography, het die gestileerde fotosessie gereël.

wedding inspirations wedding inspirationswedding inspirations wedding inspirations

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Elke diensverskaffer is spesifiek gekies vir die fotosessie omdat hulle visie vir die sessie presies by die konsep ingepas het en hulle is van die beste in die bedryf om saam te werk.

wedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirationswedding inspirations

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Om die “Slapende Skoonheid” in haar pragtige rok, perfekte grimering en hare op die mos bed met rose af te neem en die goue son wat deur die woud skyn, dit was vir my die spesiaalste oomblik, dit was waarvan ek gedroom het toe ek die fotosessie beplan het en om dit net so perfek voor my te kon sien was besonders.

wedding inspirationswedding inspirationswedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirationswedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations wedding inspirations

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Die prinses se inspirasie is elegant, klassiek en tydloos.  Rose en goue dekor items is die perfekte dekor items om die inspirasie in te bring.  Die tema kan ook baie mooi uitgebeeld word in die uitnodigings, spyskaarte en tafel-plasings met goue sierskrif.

wedding inspirations wedding inspirations

Diensverskaffers: