Beplan Jou Troue 12 Van 12

Ons het verlede maand die elfde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is ons laaste van ons twaalf maande artikels.  Met ander woorde ‘n maand voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue. Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Kyk na verskillende Skryfbehoefte ontwerpers
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste
  • Seremonie besonderhede bevestig het
  • Ontmoet met julle trou-offisier
  • Kies die persone om seker rolle te vul
  • Dans-klasse bespreek as jy nie kan dans nie
  • Begin dink het aan musiek vir die onthaal
  • Skryfbehoeftes gefinaliseer
  • Spyseniering en spyskaart gefinaliseer
  • Paspoorte en Visa’s vir Wittebrood nagegaan
  • Besluit op Troukoek en plaas die bestelling
  • Besluit het op al jul diensverskaffers
  • Die Bruidegom se pak gekies het
  • Die Bruid se bykomstighede uitgekies het
  • Trouringe moet al gefinaliseer wees en beter nog al gekoop gewees het
  • Gaste geskenke moes al klaar beplan wees
  • Trouregister:  Dit moet al teen die tyd na die gaste gestuur wees sodat hul jul geskenk vroegtydig kan koop of tenminste kan begin spaar vir dit of onder mekaar reël om gedeeltes van ‘n item te betaal.
  • Stuur uitnodigings uit, indien jy dit nog nie gedoen het nie
  • Maak finale besluit oor dekor items en boek dit so spoedig moontlik.
  • Finaliseer bruidsmeisie rokke
  • Finaliseer bruid se skoene
  • Begin met jou selfdoen Projekte
  • Weer deur nota’s gegaan
  • Geskenke vir ouers en gaste gekoop
  • Laaste Diensverskaffers veranderinge gedoen
  • Begin dink aan ‘n tydlyn vir jou troudag en dit finaliseer.

GAAN VIR JOU FINALE ROK AANPASSING

Jy kan nog vir een finale rok aanpassing gaan.  So as ietsie klein moet verander, kan jy dit nog laat aanpas.  Maak seker jy tel jou rok ‘n week voor jou troue op, om seker te maak alles is reg.


KONTAK AL JOU BRUIDSMEISIES

Kontak al jou bruidsmeisies om seker te maak hulle het almal hulle rokke of bevestig wanneer hulle rokke opgetel gaan word en of alles wel in orde is.  Dit is ook ‘n goeie idee om te hoor of jou bruidsmeisies nog almal gelukkig is en as jy hulp kort, hulle te vrae om jou te help.


ONTWERP PROGRAM VIR JOU TROUE:

Ons het verlede week gepraat oor die tydlyn.  Die tydlyn is meer detail en is gefokus op die mense agter die skerms van jou troue.  Die program is spesifiek bedoel vir jou gaste.   Hou dit eenvoudig en dink mooi oor die tye.  Wees ook spesifiek oor waar wat gaan gebeur.  Jy wil nie jou gaste in die donker laat nie.


GAAN DEUR FINALE R.S.V.P. LYS

Dit is nou ‘n goeie tyd om jou syfers te begin finaliseer en as iemand nog nie hul R.S.V.P. gestuur het nie, hulle in persoon te kontak en probeer uitvind of hulle wel die troue sal bywoon of nie.   As jy klaar almal se bevestiging het, maak ‘n lys van al jou gaste.  Breek dit op in familie en vriende.  Dan begin dink, wie by wie sal pas en allokeer hulle in groepies en dan by tafels.  Dit is nie altyd die prettigste taak nie, maar dit moet gedoen word.


ALLOKEER GASTE AAN TAFELS

As jy alles gefinaliseer het is dit nou die tyd met die “op die dag” tydlyn te beplan.  Dink aan die Diensverskaffers wat betrokke gaan wees by jou troue.  Onthou die dag beplanning sal deur die koördineerder gedoen word as jy een het.  As jy ‘n selfdoen troue het sal jy moet dink aan jou troudag se tydlyn.  Wanneer wat presies gebeur.  Dit is dieselfde struktuur as jou troudag se program, net met meer detail oor watter Diensverskaffers watter tyd waar moet wees.   Klik hier om meer te lees oor tydlyne.


GEE FINALE LIEDJIE LYS AAN PLATEJOGGIE

Jy kan jou finale liedjie keuses gee aan jou platejoggie twee tot drie weke voor jou troue.  So weet jy daardie stres is ook vanaf jou skouers en jy kan gemaklik weet die vermaak sal reg wees.   Onthou om liedjies te kies vir die etes, toesprake en dan vir die dans (as jy ‘n dans het).


GEE LYS VIR FOTOGRAAF EN VIDEOGRAAF VAN MENSE OM AF TE NEEM

As jy spesifieke groep foto’s, familie foto’s, vriende foto’s of net spesifieke versoeke vir foto’s en video’s het, maak ‘n lys en gee dit vir jou fotograaf en videograaf ‘n minimum van ‘n week of twee voor jou troue.


Artikel Krediet: