Beplan Jou Troue 11 Van 12

Ons het einde November die tiende van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand elf van twaalf.  Met ander woorde twee maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue. Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Kyk na verskillende Skryfbehoefte ontwerpers
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste
  • Seremonie besonderhede bevestig het
  • Ontmoet met julle trou-offisier
  • Kies die persone om seker rolle te vul
  • Dans-klasse bespreek as jy nie kan dans nie
  • Begin dink het aan musiek vir die onthaal
  • Skryfbehoeftes gefinaliseer
  • Spyseniering en spyskaart gefinaliseer
  • Paspoorte en Visa’s vir Wittebrood nagegaan
  • Besluit op Troukoek en plaas die bestelling
  • Besluit het op al jul diensverskaffers
  • Die Bruidegom se pak gekies het
  • Die Bruid se bykomstighede uitgekies het
  • Trouringe moet al gefinaliseer wees en beter nog al gekoop gewees het
  • Gaste geskenke moes al klaar beplan wees
  • Trouregister:  Dit moet al teen die tyd na die gaste gestuur wees sodat hul jul geskenk vroegtydig kan koop of tenminste kan begin spaar vir dit of onder mekaar reël om gedeeltes van ‘n item te betaal.
  • Stuur uitnodigings uit, indien jy dit nog nie gedoen het nie
  • Maak finale besluit oor dekor items en boek dit so spoedig moontlik.
  • Finaliseer bruidsmeisie rokke
  • Finaliseer bruid se skoene
  • Begin met jou selfdoen Projekte

KOOP GESKENKE VIR OUERS EN GASTE:

Koop Geskenke vir alle ouers wat die troue bywoon as ‘n dankie geskenk.  As jy die begroting het om vir elke gas ‘n spesiale dankie geskenk te koop, is dit nou die perekte tyd om na jou geskenk opsies te kyk.


MAAK LAASTE VERANDERINGE AAN DIENSVERSKAFFERS:

As jy nog enige veranderinge moet maak aan jou Diensverskaffers is dit nou jou laaste keer.  Moet nie te kort voor die troue enige Diensverskaffers verander nie.  Dit kan gevaarlik wees en jy mag nie kry waarvoor jy soek nie.  Fokus op jou bestaande Diensverskaffers en bespreek eerder met hulle as jy ‘n nuwe idee het.


GAAN WEER DEUR JOU NOTA’S:

Heel aan die begin het ons gesê jy moet ‘n Pinterest bord of iets soortgelyk hê waar jy al jou idees en nota’s ook kan hou.  As jy nie een het nie is dit nou die tyd om een bymekaar te kry om al jou idees bymekaar te hou.  Gaan deur al jou nota’s, al jou verskaffers en jou beplanning nota’s.   Maak seker jy het wel alles wat jy wou hê en as jy dink jy kort nog iets doen jou navorsing.


BEGIN DINK AAN JOU TYDLYN BEPLANNING:

As jy alles gefinaliseer het is dit nou die tyd met die “op die dag” tydlyn te beplan.  Dink aan die Diensverskaffers wat betrokke gaan wees by jou troue.  Onthou die dag beplanning sal deur die koördineerder gedoen word as jy een het.  As jy ‘n selfdoen troue het sal jy moet dink aan jou troudag se tydlyn.  Wanneer wat presies gebeur.   Dit is dieselfde struktuur as jou troudag se program, net met meer detail oor watter Diensverskaffers watter tyd waar moet wees.   Klik hier om meer te lees oor tydlyne.


Artikel Krediet: