Iwann & Linnett se veld verlowing

Iwann en Linnett se verlowings fotos is boeiend en jy kan help om te wonder wat dink die twee terwyl hulle so diep in mekaar se oë staar nie, terwyl die fotograaf die oomblikke vasvang.  Die fotosessie is rustig en laat jou ‘n oomblik vergeet van die stads gedruis.  Lees onder die romantiese wyse waarop Iwann vir Linnett gevra het om sy vrou te word asook wat hulle wense vir hul toekomstige troudag is.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe trek julle na mekaar aan?


Ons het albei oor Paasnaweek 2009 in Bloemfontein gaan kuier. Ek, Iwan, het vir die naweek by ‘n gemeenskaplike vriend gekuier, en Linnett het die Sondag daar gaan kuier vir ‘n braai.  Dis toe dat ons mekaar die eerste keer ontmoet het, en ek my oë nie van Linnett af kon hou nie. So het ons agter gekom dat ons albei in die Kaap bly en eindelik baie naby aan mekaar ook.  Iwan se Skerp sin vir humor en intelligente gesprekke het dadelik my knieë lam gemaak.  Na die Paasnaweek was ons terug Kaap toe en die res is geskiedenis.

Vertel ons meer van julle verlowing


Ek het vir Linnett vertel dat ons vir ‘n naweek by sy oom in die Rustenburg area gaan gaan kuier.  Toe Linnett weer sien toe ry ons by die hekke van Sun City in.  Ek het alles haarfyn beplan sonder dat Linnett enige iets agter gekom het.  Die aand het ons ‘n privaat kerslig ete bo in die King Tower van die Palace gehad wat ‘n 360 grade uitkyk oor Sun City het.  Daar het ek op een knieg gegaan en vir Linnett gevra om te trou.

Wat was die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons wou die natuur element inbring, weg van die gejaagde stads lewe.

Wat is jul droom troue?


‘n Feesviering saam met naaste familie en vriende.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: